Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 36
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Goed op dreef

Avontuur Afrika

Gesels >> SAAM

WEN MET Protea Koffie

BREINKRAG

Goeters & geite

Wat gewaar ek daar… • Om voorspellings te maak is ‘n gevaarlike speletjie, veral in ‘n voortdurend veranderende milieu soos die plaaslike motorbedryf. Handelsmerke kom en gaan, modelle word opgedateer of geskrap en kort-kort is daar ‘n ware uitblinker wat die mark behoorlik deurmekaar krap. LIANA REINERS kyk in die spreekwoordelike kristalbal en bespiegel oor van die nuwe rygoed wat Suid-Afrika moontlik gedurende 2024 gaan bereik. Of dinge wel so uitdraai sal net die tyd ons leer.

Chery vir die wen! • Chery is besig om sy stem op die Suid-Afrikaanse mark dik te maak. Tot dusver word hierdie Sjinese handelsmerk goed ontvang en is bekend as ‘n bekostigbare luukse handelsmerk in die hoogs mededingende kompakte SNV-segment. ANTON WILLEMSE het die nuutste model, die Tiggo 7 Pro Max AWD, tydens die plaaslike bekendstelling in Kaapstad bestuur en deel sy indrukke.

‘n Bietjie meer byt • Die Omoda-handelsmerk, wat deel van die Chery Suid-Afrika-groep vorm, het onlangs sy super sexy C5 GT-model plaaslik bekend gestel. ANTON WILLEMSE het die geleentheid bygewoon en deel sy aanvanklike indrukke.

Jaecoo ook…

3 tot 5 • Interessante brokkie: Japan is bekend vir sy kei (klein) motors. Die regulasies vir kei voertuie bepaal dat dit nie meer as 3.4m lank, 1.48m breed en 2m hoog mag wees nie. As gevolg van hierdie regulasies het Suzuki Japan kreatief geraak en kei-modelle vir elke smaak en behoefte vervaardig, van sportmotors tot oorkruisvoertuie, ontwikkel. Teen 3.395m lank, 1.475m breed en 1.725m hoog, val die Jimny driedeur perfek binne hierdie spesifikasies – maar ANTON WILLEMSE glo dat Suzuki met die vyfdeur model ‘n nuwe era betree.

Elke sent werd

Kophou en aanhou • In 1990 was daar nie veel inligting vir toeriste na Malawi beskikbaar nie. Tog het MANIE VAN DER MERWE daarvan gedroom om saam met ‘n paar familielede en vriende, dié land van bo tot onder te sien.

Leef in die oomblik • ‘n Reis na die bekende Mana Poele Nasionale Park in Zimbabwe is ‘n kluitklaplysavontuur vir baie. TONY YEO en ‘n groep landreis-entoesiaste was gelukkig genoeg om onlangs hierdie droom uit te leef.

Lei my na die water • Met een reis na die Tibesti reeds op sy kerfstok, het GRAHAME McCLEOD se groeiende fassinering met Tsjad daartoe gelei dat hy nóg ‘n reis daarheen aangepak het – nie net terug na die Tibesti-streek nie, maar ook om die varswatermere in die sand en manjifieke rotskuns in die Ennedi-formasie te besigtig.

Ontdek die angetemde shoonheid • Die Etosha Nasionale Park is nie net een van Afrika se grootste reservate nie – dit spog ook met ‘n massiewe soutpan wat jy vanuit die ruimte kan sien! As sulks is dit een van NOLENE KOTZE van Chasing Gravel se gunsteling bestemmings en sy deel ‘n paar wenke vir diegene wat ‘n reis daarheen beplan.

Doen-dinge in die omgewing • Etosha is ‘n toevlugsoord vir natuurlewe-entoesiaste sowel as natuurliefhebbers. Die park bied ‘n oorvloed van toerisme-aktiwiteite wat voorsiening maak vir verskeie belangstellings en voorkeure.

Ken die verskil • Om tussen ‘n 4x4-of allewiel (oftewel AWD) aangedrewe voertuig te kies, kan ‘n uitdaging wees – veral as jy nie weet wat die belangrikste verskille tussen die twee is nie. ANTON WILLEMSE gee insig oor die onderwerp.

'n Kulturele reis deur Lesotho • Nadat hulle reeds sewe van Lesotho se mooiste passe kaf gedraf het, trek die onverskrokke ontdekkingsreisigers op die Bergkoninkryk-toer saam met Mountain Passes South Africa se...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 36

OverDrive Magazine

  • Release date: December 22, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans