Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

BACK TO BASICS - Herfs 2024
Magazine

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

ONTHOUTYE • Oud en nuut vloei naatloos ineen in hierdie pragtige gerestoureerde erfenis-plaashuis op Uitkyk op die Tuinroete.

SPOGSTYL • ‘n Mooi huis is soos 'n veilige hawe. Hier is hoe jy jou gunsteling-dekorstyl jou eie maak.

HANG UIT! • Slaan die volgende keer as jy onthaal jou gaste se asem weg met dié indrukwekkende stap-vir-stap-resepte.

Ken jou DEEG

VANIELJEKOEKIES OP 4 MANIERE • Gebruik gereedskap wat jy in jou kombuiskaste het om dieselfde koekiedeeg drie totaal verskillende voorkomste te gee. 'n Indrukwekkende soet happie vir teetyd.

PATROONKOEKIES • Gebruik 'n silikoonvorm om hierdie pragtige koekies te bak.

AARTAPPEL-SAMOESAS • Koop bevrore samoesadeeg by jou plaaslike supermark en volg dié stappe om dit perfek te vul en te vou.

PERE IN SKILFERKORSDEEG • Hierdie vrugtige fyngebak is beeldskoon en glad nie moeilik om te maak nie.

UITMEKAARTREK-FILODEEGTERT • Filodeeg is maklik om mee te werk en die eindresultaat lyk altyd indrukwekkend. Sit dié uitmekaartrek-tert as 'n teetyd-bederf of nagereg voor.

ASPERSIE-EN-KRUIEQUICHE • Ryk, botterige broskorsdeeg vorm die basis van hierdie eenvoudige quiche. Dit word ekstra spesiaal gemaak deur dit met vars kruie te versier.

Ken jou BOTTERROOMVERSIERSEL

OP ‘N WOLK • Italiaanse meringue is die donsigste, amper malvalekkeragtige versiersel waarmee jy jou gebak tot nuwe hoogtes kan voer. Kry die kuns onder die knie en spuit of smeer die meringue op of oor enigiets – of rooster dit vir nog meer geur.

VOL GEVOEL • Skep hierdie stukke met hul mooi teksture in skakerings van wit en sagte room om jou huis warmte te gee.

KLEIROSE • Versier 'n mooi ou kas of ander meubelstuk met rose wat van polimeerklei gemaak word.

PATROONTEËLS • Maak hierdie klein teëls om as drupmatjies te gebruik of selfs om 'n buitemuur mee te versier.

STENSIL OP KLEI • Voeg 'n verhewe ontwerp by jou lugdroogklei-skeppings deur hierdie maklike tegniek te volg.

STENSIL MET GIPS

EMBOSSEER PAPIER • Druk jou eie stempel af op papier met hierdie twee maklike embosseer-kortpaaie. Jy het nie 'n spesiale masjien nodig nie – net stewige papier, 'n stempel of stensil en 'n bietjie water.

BOUTIS-KWILT • Hierdie kwilte is tradisioneel in die suide van Frankryk gemaak. Twee lae materiaal word aan mekaar gekwilt met stopsel tussen die dele van die ontwerp om 'n verhewe effek te gee.

BLOKKIE VIR BLOKKIE • Soveel pragtige hekelprojekte bestaan uit afsonderlike blokkies, dat ons van ons medewerkers gevra het om hul gunsteling-ontwerpe in blokvorm te deel.

OORGOOI • Hierdie mooi kombers gaan jou nie net warm hou nie, maar ook pragtige tekstuur aan jou bed verleen.

SONNIGE DAE • Kikker enige koue vertrek op met hierdie vrolike gehekelde kussingoortreksel.

IETSIE OUDS, IETSIE NUUTS • Kry inspirasie uit vintage-lakens om pragtige bypassende geborduurde kussingslope te maak.

SLAAPBROEK • Maak vir jou uit 'n ou flennielaken 'n gemaklike pajamabroek en hekel 'n mooi randjie om die pype.

LANGOORLIEFDE • Ons lap-donkie is geïnspireer deur 'n klompie plaasmaats wat ons op Instagram raakgeloop het. Die mengsel van ‘grootmens'lappe maak hom interessant en ons kon lekker rondspeel. Die donkie is groot genoeg om sommer ook as kussing te dien!

SNOESIGE SOKKIES • Hou jou voete warm met dié pragtige ‘spring buds’-sokkies deur Drops Design, gebrei met 'n Letlandse kabel en veelkleurige Noorweegse...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: IdeesFabriek Edition: BACK TO BASICS - Herfs 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: March 15, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans