Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

November/December 2021
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Kersfees gaan nie soseer oor geskenke oopmaak as oor harte oopmaak nie.

Idees

KERSFEES-AFTIKLYS • Maak gereed vir die groot vieringe met ons nuttige lys – die resepte en projekte sal jy alles mooi in volgorde in dié uitgawe vind.

NOVEMBER

BAK JOU KERSKOEK • Trek vanjaar vroeg weg met al jou Kersfees-bakwerk en begin sommer nou reeds met dié brandewyndeurdrenkte tradisionele vrugtekoek.

JAKKALS-STREKE! • Maak hierdie oulike jakkals-lappop vir ’n kind (of grootmens!) in jou lewe. Met haar lewensgroot lyfie kan dié maatjie boonop lekker lepellê.

KLEINODE • Juwele van klei is amper so oud soos die mensdom self. Ons wys jou hoe om jou eie armbande uit lugdroog-en polimeerklei te maak – dis ook perfek as geskenke.

BORDUUR-NOMMERS • Borduur hierdie nommers en gebruik dit as versiering vir jou Kersboom of Adventkalender.

BALSA-BOBBELS • Probeer vanjaar iets nuuts en borduur op balsahout om versierings vir jou boom te maak.

PAPIER-TIERLANTYN • Knip en hang hierdie kleurryke papier-Kersballe met hul tossels om jou huis of boom mee op te vrolik.

HEKEL-POPPIES • Hekel Maria, Josef, ’n donkie en ’n wyse man of drie vir jou Kersboom.

DIEREVRIENDE • Elke Kersboom moet ’n donkie en ’n lam hê. Naaldvilt dié oulikes vir joune.

TAKBOK-KRANS • Skep dié oulike papier-takbok om as Kerskrans te gebruik en gee dit ’n Skandinawiese kinkel deur dit met bloekomblare en kunsblomme te versier.

BOOMPIE-KALENDER • Wie hou nie daarvan om die dae tot Kersfees af te tel met ’n Adventkalender nie? Skep jou eie uit ’n versameling papier-Kersboompies propvol soet verrassings.

HUISIE-KALENDER • Met ons mooi papierontwerp is dit baie maklik om hierdie Adventkalender met ’n verrassing agter elke deur en venster te maak.

DESEMBER

WIT KERSFEES • Of jy nou so gelukkig is om Kersfees in die pragtige stad Bordeaux deur te bring of tuis in Suid-Afrika, hier is ’n paar eenvoudige idees waarmee enigeen ’n eg Franse geurtjie aan hul feesseisoen kan verleen.

STILLE NAG, HEILIGE NAG!

STILLE NAG • Herskep die geboortetoneel van Jesus om ’n gewyde atmosfeer in jou huis te skep.

… MAAR AS DIE WITWYN OP IS, SAL EK ROOI OOK DRINK.

STILLE NAG·, HEILIGE NAG!

… maak elkeen oop

LEKKERRUIK-HUIS • Kikker jou lewe op met vars geure vir ’n gevoel van kalmte. Hier is drie maklike selfdoenprojekte vir ’n strelende geur in jou huis.

KOEKIES VIR KERSVADER • Jy sal ver moet soek na ’n meer volmaakte geskenk vir ’n soettand: Pak ’n boks boordens toe vol vars koekies en smelt-in-die-mond malvalekkers wat jy self gemaak het.

KERSHUISIE • ’n Tuisgemaakte gemmerbroodhuisie is ’n lekker projek vir die feestyd. Volg ons maklike stappe om dié kleurvolle Kersfeesherinneringe te skep wat jy en jou kinders na hartelus kan versier.

NEUTE-KOEK • Is jy op soek na ’n lekker alternatief vir ’n tradisionele vrugtekoek? Dié spesiale koek word van amandels en klapper gemaak en met ’n sweem sitrus en speserye gegeur.

FEES IN 'N FLES • Hierdie flesse is almal boordens toe vol geur en vinnig en maklik om te maak – perfek om ’n...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 140 Publisher: IdeesFabriek Edition: November/December 2021

OverDrive Magazine

  • Release date: October 22, 2021

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans