Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

January/February 2022
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

TUIN VAN EDEN • Die Gomes-gesin wou meer in pas met hulleself én Moeder Natuur leef en het dié droom bewaarheid by Jardim, hulle kostuin en kontemporêre plaashuis in Noordhoek, Kaapstad.

SKEP ’N LUSHOF • Daar is niks so sielsverkwikkend as om buite in jou tuin of op die stoep te sit en die somer te geniet nie. Hier is ’n paar idees om hierdie ruimtes mooier te maak.

PRET MET PUNK • Met ’n kannetjie spuitverf, ’n mooi papierontwerp en ’n skeut humor kan jy enige doodgewone artikel in ’n kunswerk omtower. Ons het kleur-inspirasie van die 1970’s se punks gekry.

FEETJIE-KAKTUS • Vanjaar hoef jy nie jou feetjieliggies saam met die res van jou Kersversierings weg te pak nie. Gebruik dit vir dié ongewone kaktuslig.

SOMER OP JOU BORD • DIÉ HEERLIKE SOMERRESEPTE IS IDEAAL OM TE PROBEER WANNEER GASTE INLOER VIR ’N KUIER EN IETS TE ETE.

FLAN-PLAN • Die Paryse flan – ‘flan pâtissier’ – is ’n klassieke vlatert wat jy in amper alle Franse pâtisseries en boulangeries (fyngebakwinkels en bakkerye) sal aantref. Dit is effe tydrowend om self te maak, maar elke minuut die moeite werd – ons deel ’n paar wenke om sake te vergemaklik.

GEREED, SIT, EET • Maak hierdie mooi en maklike geborduurde tafeldoek om ’n tafel te dek wat jou gaste aan die praat sal sit.

MUUR-KRABBELS • Kom weer in voeling met jou innerlike kind en span die skoon ‘bladsye’ van jou huis se mure as tekenboek in.

STORIES VOL SKERWE • Hoe gebeur dit dat ’n groen melkglas-suikerpot ’n engelvlerkhangertjie word? Martie Swanepoel vertel van die stories wat die skerwe van ou herinneringe kan vertel.

MOOI BEWAAR • Omtower ’n ou laai in ’n unieke laairaam om familiefoto’s en aandenkings in te bewaar: amper soos ’n drukkerslaai en raam in een. Ons het ons s’n ’n deurtjie gegee sodat jy items makliker kan bysit of uithaal en mooi in plek hou.

WONDER WÊRELD! • Dis nie aldag dat ’n mens ’n ma-en-dogterspan raakloop wat soveel tyd en moeite daarin sit om saam-saam hul eie kreatiewe wonderwêreld te skep nie. Maar dis presies wat Fébé en Mishka Marais doen.

REG VIR DIE MOOIWEER • ’n Oulike, prettige gehekelde bra-toppie wat die somer saam met jou vier – op die strand, in die tuin of op ’n dak met ’n skemerkelkie in die hand. Maak dit boheems met geborduurde blomme. Die top kan selfs ’n bikini-bostuk word.

HALLO, SONSKYN! • Hierdie mooi hoed is maklik om te hekel en ideaal vir die strand of ’n lekker piekniek.

KWILT ’N KRUISIE • Tradisioneel is kwiltwerk met die hand gedoen. Ons volg dieselfde metode met dié kruistegniek. Neem jou tyd en werk rustig, dis goed vir jou siel.

NAALDWERK VREUGDE • Vir Gail Bussi het die voltooiing van haar boek Inspired Cross-Stitch oor veel meer as net borduurwerk gegaan. Sy vertel wat haar gemotiveer het en deel twee van haar projekte met ons.

VOLG JOU HART

ONTHOU ALTYD… • Dié memento-kussing word met ligte gare op ’n donker materiaal op ’n viltkussing geborduur en het ’n antieke swartbordvoorkoms.

VAKANSIE ELKE DAG • Waarom leef vir vakansiedae as jy...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 140 Publisher: IdeesFabriek Edition: January/February 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: December 10, 2021

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans