Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Apr - Jun 2022
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

70 uitgawes van inspirasie

ONS HOU VAN • Hier is alles wat ’n kosliefhebber dié herfs wil weet, eet en kan begeer

DIE SOET SMAAK VAN HERFS • Soetwyn rol skielik weer op almal se tong. Ons het 5 gekies wat ons glo op jou spyskaart moet wees

MUSEUM VIR WYN • Die leefstylplaas Babylonstoren in die Kaapse Wynland het onlangs ’n museum geopen wat die storie van wyn vertel. Ons het met die museoloog, Elsa Vogts, gesels

TEE SAAM MET JOU KOS • Namiddagtee is vanjaar nie net happies en ’n pot tee nie, maar eerder een waarby jy ’n spesifieke tee per happie kan geniet. Kleiner koppies tee en kleiner happies dus. Hier is wenke as jy jou tee by jou kos wil pas:

EETGESOND

Klassieke versameling, treffende nuwe voorkoms • Die KWV Classic Collection is geskep vir alledaagse genot – gehaltewyne wat ongekompliseerd is met ’n vrugtige smaak en nou ook ’n nuwe voorkoms

Romerige hoender met rooi soetrissie en spinasie

BOEKE VIR DAE • Van smullekker plantgebaseerde etes tot platsak-gunstelinge, hier is die nuwe resepteboeke wat ons na ons voorskoot en kombuisgereedskap laat gryp dié seisoen

DIER-BAAR

ONS koz

Feestelik! • DEUR HERMAN LENSING BYGESTAAN DEUR DANIELLE MARTINS & JOHANKA BOOYSEN BLOMME MANDRI PIETERSE

5 MINUTE MET MANDRI • Ons gesels met Mandri Pieterse, die bloemis van Mustard & Seed

DEK JOU TAFEL SÓ • ’n Tafel kan ewe mooi binne en buite gedek word. Swart kerse, keramiekborde, hangligte en arms vol blomme –ons wys jou hoe om jou tafel so feestelik soos ons s’n te laat lyk

PIEKELS VIR PASE • Wat is Paasfees sonder piekels? Vier dit vanjaar met SPAR se Paasbolletjies en boerewors waarmee jy piekelfrikkadelle maak

SARIE KOS se ma • In 2007 het die koslandskap van Suid-Afrika vir goed verander toe die eerste uitgawe van SARIE KOS verskyn het. ’n Splinternuwe glanstydskrif wat ons kos vier met resepte en kosstories soos geen ander nog vertel het nie. In Afrikaans. Ek het gaan inloer by Barbara Joubert, destyds SARIE se kosredakteur, die vrou wat dié kos-ikoon in die lewe help bring het

MY MAAT, MARMITE • Die beste ding wat ooit met ’n sny brood kan gebeur? Of net goed om insekte te verjaag? Niemand sit op die draad as dit by Marmite kom nie. En só gaan dit al 120 jaar lank

HERMAN SE Kosnotas

MARMITE- OF BOVRIL-MENS? OF VEGEMITE?

EK WIL MARMITE HÊ, NIKS ANDERS NIE • PLAASLIKE VERBRUIKER OP FACEBOOK

Die wêreld is haar klipmossel • Soms sleur die stroom van die lewe jou saam na ’n onbekende plek. In Rochelle Karolus se geval het die gety haar na Oep ve Koep gedra, maar vernuf en fokus het haar tot in Wolfgat gebring, skryf Bianca du Plessis Malan

Brownies VIR ALTYD • Dis maklik om te verlei met sjokolade, des te meer as dit ’n brownie is. Die sagte hart vasgevang onder ’n bros koeklagie ken nie iets soos weerstand nie. Ons gee vir jou ses weergawes van dié lekkerte

HERMAN SE kosnotas

TUIS Kos

NET 7 BESTANDDELE • Maak die beste van jou weeksdagtafel met maklike en eenvoudige kos wat ewe lekker is. Goeie kos begin by die bestanddele, so kook in die seisoen en kies slim gaarmaakmetodes wat min moeite vra

‘STIEKYT’ MET sjokolade • Wie kan nee sê vir...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 158 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Apr - Jun 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: April 8, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans