Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 23 (Sept 2022)
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Vat dit soos dit kom

Avontuur Afrika

Gesels>> SAAM

IN DIE NUUS

Nou selfs beter en groter • Die nuwe Jeep Grand Cherokee L is onlangs plaaslik bekendgestel en, volgens Anton Willemse Jr, beloof dit om nuwe lewe in die handelsmerk en die produk te blaas.

Neem die voortou • Die vyfde generasie van Kia se immergewilde Sportage, wat onlangs in Suid-Afrika bekend gestel is, bou voort op die trotse nalatenskap van sy voorgangers. Terselfdertyd betree dit ‘n opwindende nuwe era deur aansienlike verbeterings in tasbare kwaliteit, algehele verfyning en bestuurdergenot te bied.

Goeters & geite

Slanke nuwe hardedop-model van 4x4 Mega World • ‘n Daktent is ‘n handige produk vir die meeste landreisigers en die kans is goed dat jy op jou avonture al heelwat voertuie gesien het met wat lyk soos ‘n bonkige sak of ‘n vreemde dak-opbergbak. Maar, verduidelik Anton Willemse Sr, daardie koddige tente vou uit om ware boendoe-oases van die grond af te word.

Ditsem, jou rowwe bliksem! • Het jy al gehoor van die Monkey Puzzle, Ghoena Twister, Eliminator, die Impossible Crossing of Balarometer Hill? As die name vir jou bekend klink, is jy waarskynlik een van die uitgelese 4x4-bestuurders wat al saam met Dirk van Reenen op een van sy Rowwe Blixem 4x4-uitdagings was. Indien nie, en jy is avontuurlustig genoeg, meen Nico Denner jy moet ‘n DVR Xtreme 4x4-roete deel van jou kluitklaplys maak.

Meer oor Xtreme 4x4 SA

‘n Avontuur van anderse vere • ‘n Ompad van 700km is nie juis iets wat ‘n mens wil aanpak as jy alreeds sowat 3 300km deur Botswana getoer het nie. Maar as ‘n mens nuus kry van ‘n skaars voëltjie – een wat nog nooit vantevore in die suidelike halfrond opgeteken is nie – wat in Phalaborwa opgedaag het, dan vlieg alle rasionele denke by die venster uit. Anton en Natasha Schutte vertel.

Waarheen nou? • Sedert 2015 het die Mystery Rally gesinne en 4x4-entoesiaste in die land se grootste paaseier-jag bymekaargebring, op soek na leidrade terwyl hulle skouspelagtige kampeerplekke en wonderlike 4x4-roetes regoor die Wes-Kaap geniet. Groot pryse is op die spel vir diegene wat die kortste afstand aflê of die beste potjie maak, maar uiteindelik gaan dit alles oor avontuur, want niemand weet presies waar hulle gaan eindig nie. Andrew Middleton het by vanjaar se pret aangesluit.

Borge

Daar waar hemel en aarde ontmoet • Die Namakwa-Weskus-streek is bekend vir sy oop paaie, sterrehemel en manjifieke blomme. Om dit ten volle te kan ervaar moet jy egter die regte voertuig hê, skryf Clifford Roberts.

REISGIDS

Groot op spasie, gemak en veligheid

Meer glimlagte per kilometer • Naweke is bedoel vir jou gesin en vir pret. Om uit te vind presies hoeveel van albei op een dag ingeprop kan word, het Calvin Fisher en sy “span” Suzuki se gewilde klein buksie – die Celerio – ingespan.

REISGIDS

Die groen-groen land van Natal • Die uitgestrekte skoonheid van die KwaZulu-Natalse Middellande het nog altyd vir Mary Willemse ‘n bekoring ingehou, maar sy kon nog nooit die sogenaamde ‘powers that be’ (lees knorrige manlief) oorreed om ‘n reis na hierdie nie-so-versteekte juweel te neem nie. Toe ‘n geleentheid dus onlangs opduik, het sy een van haar beste vriendinne van hoërskooldae oortuig om saam met haar weg te breek vir die naweek.

REISGIDS

‘n Onverwagse, geteerde bederf • Gauteng is nie noodwendig bekend vir sy passe nie. Die provinsie se grootste pas in terme van afstand, hoogte bo seespieël en steilste helling – die Hekpoortpas – bied egter aan stadsjapies ‘n ordentlike pas, deurdrenk met...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 23 (Sept 2022)

OverDrive Magazine

  • Release date: September 23, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans