Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jan - Mar 2023
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

5 GOEIE GEWOONTES VIR 2023

ONS HOU VAN • Die somer is hier en wat is lekkerder as om in jou eie agtertuin uit te span, vriende te nooi vir ’n braai en net die son op jou vel te voel. Hier is ’n paar van ons gunstelingprodukte

ONS TOP-12 • Moderne huise het soveel weggooibare items wat ’n groot hoeveelheid rommel laat opgaar. Hier is ons gunstelingprodukte wat bydra tot ’n zero-afval-leefstyl en waarmee jy die aarde se las kan help verlig

GLASE VOL SOMER • Goeie wyn en goeie geselskap laat ons ontspan. Kom ons vier 2023 en klink ’n glasie op gesondheid en minder beurtkrag!

DIER-BAAR

EET GESOND

BOEKE VIR DAE • Of jy in 2023 graag gesonder wil eet of bloot op soek is na nuwe resepte vir inspirasie – hier is ses kookboeke wat jy vanjaar op jou boekrak moet hê

ROLSKAATSE, HAMBURGERS & MELKSKOMMELS ROADHOUSE TOE! • Wie onthou nog daardie lekker bederf van die ou dae? Jy op die agtersitplek van jou ouers se kar en die metaalrakkie aan die venster gehaak met melkskommels, hamburgers en dagwood-stapelbroodjies, banana split en wafels. Maak weer saam met ons die ou treffers en herleef die herinneringe!

BISTRO • Skaats terug in die verlede en hou jou eie roadhouse-ete saam met pelle. Hier’s wat jy nodig het

Bravo JAN! • Jan Hendrik van der Westhuizen, plaasseun van Mpumalanga, het in 2016 Suid-Afrikaners se harte gesteel toe hy sy eerste Michelinster gekry het, skaars drie jaar nadat JAN se deure oopgeswaai het. Maar hoe smaak ’n ete aan tafel by dié restaurant in Nice, Frankryk? Ek het my mooiste klere aangetrek en my skoene blink gepoets sodat ek kon proe waaroor alles gaan

Blatjang met (Mrs) Ball’s • Guinness en Ierland. Ferrari en Italië. Suid-Afrika? Mrs H.S. Ball’s, mos. Ietwat suur, ietwat soet . . . Nooit bitter nie

DIËTE Goeies, giere en gevaarlikes • Dis mos elke Januarie se storie. Van lekker eet en lekker drink, kom lekker tjank op die skaal. Maar hoe om van spekkies ontslae te raak? Ons logiese brein weet dat matigheid die einddoel is. Tog raak ons keer op keer die kluts kwyt. Die spektrum van dieetprofete en -planne is genoeg om jou in die gebotterde omhelsing van ’n varsgebakte broodjie te dryf, skryfBianca du Plessis Malan

SUURLEMOENMERINGUE Die soet saam met die suur • ’n Sagte suurlemoenvulsel wat sê, hallo somer! En bo-op, ’n wolk van meringue wat jou nooi vir nog ’n happie. Klassieke suurlemoenmeringue-tert is ons inspirasie vir nog soete verleidings vir jou nageregtafel

Pasta10 MAAL LEKKER • Die ekonomie knyp, dus is ons almal op soek na resepte wat ons rande so ’n bietjie kan rek. Met net ’n hand vol bestanddele kan jy heerlike pasta op die tafel sit wat baie mae kan volmaak

Viskoekies VIR DIE WEN • Ek is lief vir viskoekies in elke vorm. Dit proe soos my grootwordjare. Op Upington was vis skaars, maar wanneer daar wel was, het dié blinklywe gou hul weg tot in koekievorm gevind. Lig en vars soos die somer mos vra

Herinneringe uit ’n visblik

E-pos uit RIAAD, SAOEDI-ARABIË • Dadels, koffie, nie-alkoholiese Saoedi-‘sjampanje’ en kameelmelk is gewild. Kameelvleis is vir die fynproewers en die kameelbult is glo die lekkerste deel om te eet. Rian en Yolanda Smith vertel vanuit Saoedi-Arabië

Kersies bly die cherry op die...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 149 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jan - Mar 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: January 13, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans