Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

March/April 2023
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

IEWERS

Idees

inkleurblad

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

PLESIERIG IN PIENK • Die modeontwerper Alannah Hill se huis in Melbourne is ’n pienk plesierigheid wat haar kenmerkende speelse styl, waagmoed en nuutgevonde selfvertroue weerspieël.

DÍS IN VIR JOU HUIS • Laat dié dekortendense jou in 2023 inspireer om jou huis mooi te maak. Party is nuut, ander net ’n bietjie afgestof en steeds met ons.

LAAT DAAR RUS WEES • Die oud-Gautenger Zelma Kriek het ’n stokou huis in die vreedsame Karoodorp Calitzdorp gerestoureer waar sy nou floreer, omring deur haar diere en haar dogters en kleinkinders wat gereeld kom kuier.

FLAMINK-TAFELTJIE • As jy nie baie plek het nie, maar jou boek en leeslamp byderhand wil hê, is dié ongewone bedkassie net reg vir jou. En ook nie te moeilik om te maak nie.

SIT HIER • Al wat hierdie ou stoel nodig gehad het om dit weer op te help, was ’n nuwe poot en ’n tikkie liefde.

TOWERKWAS • Ons wys jou twee maniere om met net ’n bietjie verf nuwe lewe aan ou vloere te gee.

VERWEERDE TEËLVLOER • Het jy teëls in die huis waarvan jy nie hou nie, maar jou geldsake knyp? Hier is ’n lekker en bekostigbare manier om jou ou teëlvloer ’n heel nuwe voorkoms te gee.

KOOP SLIM OP REIS • ’n Mooi versameling snuffelgoed wat die storie van ons reise vertel, laat ons gelukkig voel. Ons deel wenke vir slim, aandagtige kopies wat nie op ’n oorvol leefruimte gaan afstuur sodra jou vakansie-glimlag taan nie.

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

RETRO OP JOU BORD • Laat jou tong herinneringe aan die ‘goeie ou dae’ na vore bring met dié resepte waarin ons klassieke staatmakers ’n ligte moderne kinkel gee.

PERFEKTE PAASEIERS • Bederf hierdie Paasfees die kinders én grootmense met tuisgemaakte malvalekker-Paaseiers.

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

Lap en stop • Die ‘stitch, don’t ditch’-tendens het ons geïnspireer om hierdie projekte vir jou huis te skep. Ons gee weer lewe aan ’n paar geliefde stukke en maak nuwes met oorskietlap.

In die sakkie • Maak hierdie eenvoudige bêresak vir jou kombuisgereedskap en druk jou stempel daarop af met ’n bietjie borduurwerk en materiaalverf.

Fyn gordyn • Gee aan jou venster ’n Franse vintage-gevoel met hierdie maklike hekelpatroon.

Blomme-servette • Gee aan gewone servette ’n vars nuwe voorkoms deur blomme daarop te borduur.

Mooiste linne • Span jou ongebruikte linne op verskillende maniere in en jy sal nie net meer plek in jou linnekas hê nie, maar jou huis kry ook ’n heel nuwe voorkoms.

JOU HUIS, JOU HAWE • ’n Liefdevolle en salige huisomgewing beïnvloed ’n mens se hele wese - sosiaal, emosioneel en spiritueel. Die ideaal is dat dit jou gemaksone is, maar veral ook ’n veilige hawe.

LAPTAAL • As modeontwerper het Alma Thomas lank gelede reeds ’n liefdesverhouding met lap begin. Deesdae gebruik sy dié medium ook om wonderlike stories teen huismure te vertel.

VIND JOU RITME • Slaap is ’n ernstige saak, dit is immers die gom wat ons lyf,...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: IdeesFabriek Edition: March/April 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: February 17, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans