Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 28
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

WELKOM

Avontuur Afrika

Gesels>> SAAM

BREINKRAG • Soek die verskeie moet-sien besieningswaardighede in Europa en Asië in die woordblok. Woorde kan horisontaal, vertikaal en diagonaal en in enige rigting wees. Leestekens word nie gebruik nie en woorde in hakies is deel van die woord of ter verdeudeliking of vir konteks. *Woordblok deur Louis Krouwkamp.

Protea Koffie

Lank lewe die ietermagog!

Tweewiel-avontuur op sy beste

Hier is die Motor van die Jaar-finaliste!

Goeters & geite

Nou met baie meer byt • Die onlangse plaaslike bekendstelling van die nuwe Scorpio-N het die Mahindra-handelsmerk tot ‘n nuwe vlak van verfyning, werksverrigting en aantrekkingskrag verhef. Nadat sy die bekendstelling aan die Weskus bygewoon het, verduidelik Liana Reiners hoekom.

Op avontuur deur die Skotse Hooglande • In my vroeë twintigerjare het ek ‘n oorbruggingsjaar geneem en ‘n geruime tyd in die Verenigde Koninkryk gewoon. Behalwe om blaarslaai vir McDonald’s te pluk en roerbraai vir Marks & Spencer te kap, het ek egter nie regtig verder as die plaaslike kroeg gaan verken nie. Dit is een van die dinge waaroor ek baie spyt is, so toe die uitnodiging kom om by Ineos Automotive in die Skotse Hooglande aan te sluit vir die bekendstelling van die Grenadier, kon ek skaars my opgewondenheid beteuel.

Ligte, kamera, aksie!

Interessante ditjies en datjies oor die omgewing

Onkonvensioneel konvensioneel • As motorjoernalis toets Anton Willemse Sr gereeld nuwe voertuie. Wat egter nie so gereeld gebeur nie, is om ‘n splinternuwe voertuig van ‘n splinternuwe handelsmerk te bestuur – en dit boonop in ‘n ander land!

Verlate, maar asemrowend mooi • As een van Namibië se mees skouspelagtige en ikoniese plekke, is Sossusvlei ‘n móét wanneer jy dié land besoek. Maar wat maak hierdie plek, geleë in die suidelike deel van die Namib-woestyn in die Namib-Naukluft Nasionale Park, só spesiaal? Nolene Kotze vertel meer.

Belanggrike inlighting

Die hartklop van die kruger • As kind was een van Natasha Schutte se grootste voorregte om elke naweek saam met haar oupa en ouma te gaan kamp. So het sy en haar gesin dan ook so te sê al die kampe in die Nasionale Krugerwildtuin besoek. Daar is een spesifieke kleinerige kamp, geleë in die sentrale deel van die wildtuin, wat ‘n spesiale plekkie in hulle harte het.

Verloor jou hart in die rooi duine • Sedert die voltooiing van sy geliefde landreisgenoot, #HiluxDevilBuild, het Stuart Queripel daarvan gedroom om ‘n behoorlike selfry (en selfbeplande) landreis avontuur te onderneem. Die blote vermelding van wildkamp – met die geluid van brullende leeus wat jou aan die slaap sus – was genoeg om sy beter helfte, Oksana, te oortuig om tydens hul jaarlikse verlof die Kgalagadi Oorgrenspark te besoek.

Wild en wonderlik in Botswana • ‘n Maag wat oorverdowend grom ruk my in die middel van die nag uit droomland… Ek vries en staar onseker in die stikdonker om my voordat ek oorleun om my oor teen my man, Glen, se maag te sit. Nee – dit is nie hy nie! Ek kan my hart in my keel voel klop toe ek besef dat dit een of ander wilde gedierte is wat buite wei. Dit is wilde kampeer en dít is waarvoor ons gekom het…

Gaan vir goud! • Roger Gaisford besit ‘n Jeep, ‘n CJ2A om presies te wees, wat hy in 1971 op ‘n militêre surplusvoertuig-verkoping in Pretoria gekoop het. Dit is een van die sowat 300 wat in 1948 deur Stanley Motors, die Willys-agente in Suid-Afrika, aan die Suid-Afrikaanse Weermag verskaf is. Hy het baie goeie herinneringe van nie net die voertuig nie, maar ook die plekke waarheen dit...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 28

OverDrive Magazine

  • Release date: March 3, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans