Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Apr - Jun 2023
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

VROEGHERFS

ONS HOU VAN • Monochroom was nog nooit uit die mode nie, inteendeel, dit is altyd treffend en die ideale basis vir ’n kombuis of eetarea. Hier is ons gunstelinge vir die nuwe seisoen

ONS TOP-12 • Gee jou kombuis dié herfs luuks flair met glansryke produkte no beskikbaar op die winkelrakke

BOEKE VIR DAE • Wat is jou gunstelingdeel van herfs? Die koeler weer, die pragtige kleure of die knus aande in die kombuis? Buite is dit koud, maar binne prut die potte en almal sit om die tafel. Hier’s ons keur van kookboeke vir daardie salige tye

EETGESOND

Ster kwaliteit • Hulle is deel van ons kostrots. Twee is Michelin-sjefs in lande ver van hier, ’n derde is al dekades tuis in SA kombuise. Hul suksesverhale verskil, maar dít deel hulle: Dit was harde werk, meedoënloos, maar soms het ook geluk en toeval ’n rol gespeel

Pot volgoud • Daar is vir my soveel mooi herinneringe aan ’n fonduepot. Van heelaand kuier om die tafel en klein stukkies kos in olie diepbraai of in ’n kaas- of sjokoladesous doop terwyl die lag en korswil net nie wil ophou nie. Ons reken dis weer tyd om daai einste potte af te stof en daardie koestering te laat herleef

Heidi • Nooi jou vriende en drom saam om ’n smelt-in-die-mond deelgereg – die klassieke fondue

Elkeen ’n fees • Warm Paasbolletjies met hul deegkruis bo-op is Paastradisie. Bak vanjaar jou eie om saam met botter in jou mond weg te smelt, maar moenie dat die lekker daar ophou nie. Met dieselfde resep wag nog vele feeste

Nog ’n skeppie pap, seblief • Suid-Afrikaners kan mos maar lekker stry. Oor een ding stem ons egter saam: mieliepap! Hetsy stywepap, slappap of krummelpap, dis kos vir koning tot klaas

Die storie van meel • In die hande van die bakker word ’n houtlepel sy towerstaf en ’n koppie meel sy towerkuns. Net soos bak ’n fabelagtige proses is, begin dit alles met die eerste oes van die koringkorrels en hoe dit gemaal en verwerk word. Die antieke stapelkos het sy eie storie – een wat vertel moet word

GOEIE (OU) tegnologie • Die 21ste eeu behoort dalk aan die lugbraaier, maar die opwinding oor dié tegnologie kom nie naby die verering wat daar vir die elektriese braaipan van die 70’s was nie

GREENVILLE, SUID-CAROLINA • Amerikaners is mal oor koffie, hamburgers en kaaskoek. En ’n barbeque is nie ’n dop en tjop nie. Retha du Plessis vertel hoe sy en haar gesin Amerika ervaar

Opgetert! • Terte, soet of sout, kry nie altyd die nodige erkenning op ’n tafel nie. Maar is die kors perfek en die vulsel laat die lekker tot in jou tone kriewel, gaan al jou gaste by jou die kuns van fyngebak wil leer

Rek jou rande 10 MAAL LEKKER • Ons weet dat kospryse nie ons vriend is nie, maar jy kan bekostigbaar én lekker kook. Hier is 10 heerlike resepte waarvoor jy nie ’n lening hoef aan te gaan nie

Kiep-kiep oor die kole • Hok-, vrylopende, organiese of skrophoender? Wat kies jy? En is die aanspraak op die winkelrak altyd die ware Jakob? Met krag wat min is en families wat steeds lekker wil eet, is ons antwoord: Maak hoender gaar oor die kole

Warm van binne • Ek het grootgeword met melkkos en melksnysels. Die snysels is net gemaak op baie spesiale geleenthede, want dit was baie werk. Ek onthou nog soos gister hoe my ouma die...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Apr - Jun 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: April 6, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans