Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

May/June 2023
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

RUIMTE VIR GROEI • ’n Plaasskuur wat meer as ’n eeu terug op Wellington in die Wes-Kaap gebou is, was die perfekte plek waar twee trou-engeleentheidsbeplanners hulle jong gesin wou grootmaak.

HIER KOOK DIT! • Die kombuis is die hart van díe huis en dus 'n plek waar jy tuis wil voel. Híer is 'n paar dekor-idees om dié bymekaarkomplek nog aanlokliker te maak.

FRANSE KOMBUIS • MET ’N PAAR SLIM NAALDWERK- EN VERFPROJEKTE KAN JY JOU KOMBUIS ’N HELE NUWE FRANSE VOORKOMS GEE.

GESTREEPTE TEEDOEKE • Ons gee hier nog twee metodes om mooi teedoeke (of servette of enige ander lappie) uit linnemateriaal te maak. Jy kan lekker rondspeel met jou eie idees, maar om die Franse voorkoms te kry moet jy strepies gebruik.

TAFELDOEKTENT

SKEP 'N BORDUURONTWERP VAN 'N REGTE VOORWERP • Neem ’n foto van die voorwerp wat jy wil borduur en druk die foto uit. Gebruik ’n gekleurde pen om die buitelyne van die voorwerp na te trek. Nou het jy ’n kunswerk wat jy op jou materiaal kan aftrek om te borduur!

ODE AAN DIE VOORSKOOT • Wat kan meer deel wees van 'n kombuis as 'n voorskoot? As jy hom eers aan het, is dit tyd vir aksie. Elsa Krüger het gaan kyk na die geskiedenis van dié onontbeerlike metgesel - vir enige kreatiewe siel.

KRAP JOU EIE POTJIE • Dis tyd om aandete te maak … maar daar gee die elektrisiteit al weer die gees! Vir hierdie geuríge gesinsetes het jy net 'n gasplaat en een pot nodig - en jy hoef jou nooit weer oor die beurtkragskedule te bekommer nie.

BAK JOU EIE BAGUETTES • Wie kan 'n warm, korserige baguette met botter weerstaan? Met ons resep sal almal dink jy het dit by 'n boulangerie in Parys gekoop. Beplan vooruit, want jy het tyd nodig om dié eenvoudíge Franse brood te maak, maar gelukkíg hoef jy dit glad nie te knie nie.

BOTTEL DIE SEISOEN • Min laat 'n hart so warm klop soos 'n spens met rakke vol flesse waarin jy die afgelope seisoen gebottel het - en nog beter as die oes uit jou eie tuin is.

DRUK JOU STEMPEL AF! • Gebruik enigiets, van blare tot linoleum, om jou eie prettige styl op jou leefwêreld af te druk.

KOMBUISKUNS • Min dinge laat 'n kombuis so warm en verwelkomend voel soos 'n mooi geraamde kunswerk of 'n paar wyse woorde.

NETJIES EN GEORDEN • Wanneer jy jou kombuis organiseer, is dit die ideale geleentheid om dit ook mooí te maak. Hier is 'n paar vinnige idees wat jou lewe sal vergemaklik, maar terselfdertyd jou kombuis sal verfraai.

PLAKBAND-ETIKETTE • Dit is 'n vinnige, maklike en bekostigbare manier om jou eie netjiese etikette met verpakkingsplakband te maak.

BREINDANS MET'N MOP • Huishoudelike take en nutswerk in en om die huis stimuleer jou brein! Daar staan dit behoorlik nagevors en aangeteken: As jy mop, vee en muurproppe regmaak, stimuleer dit jou potensiaal om nog slimmer planne te kan uitdink. Martie Swanepoel het gaan kyk hoekom haar brein deesdae so aktief is.

MAAK JOU MOOI UIT DIE KOMBUIS • Vir jare al klits ons oplossings teen die puisies, die plooie en die vaalheid op in ons kombuise. Waarom nou ophou? Hier is 'n paar...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: IdeesFabriek Edition: May/June 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: April 21, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans