Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

WINTER BOOK 2024
Magazine

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

HUISWAARTS • Die sjef, interieurontwerper en reisverslaafde Paula Nel het in Kaapstad 'n rustige tuiste vir haarself geskep wat haar fassinasie met wêreldkulture én haar geboorteland weerspieël.

MOOI EN WARM • Die winter is hier en dit beteken dis tyd om 'n kaggelvuurtjie aan te steek! Hier is 'n paar idees om jou huis mooi knus in te rig.

STORIES IN SIERSKRIF EN SEPIA • Foto's, dagboeke en familieresepte van voorgeslagte vertel 'n storie. Die foto's teen Martie Swanepoel se kantoormuur vertel van diamante, kwepers en suurlemoene. Dis ook háár storie.

ONTHOU OM TE ONTHOU • Jy kan soveel meer met jou ou foto's en pragtige poskaarte doen as om dit in 'n fotoalbum vergete te laat raak. Hier is 'n paar idees.

'N KNIPPIE NOSTALGIE • Skep jou eie fotoblaaie met hartsgoed van die kokke in jou lewe en gebruik dit in jou kosjoernaal of as omslag vir jou boek met familieresepte. Ons kosredakteur, Louisa Holst, vertel van haar ouma se stokperdjies, teetydbederwe en al die gelukkige herinneringe.

MY OUMA IN KANEEL • 'n Koekieresep en 'n paar onthougoedjies laat ons stilis en kreatiewe maker Hannes Koegelenberg weer verlang na sy liewe ouma Bessie.

MOOI BEWAAR • Volg hierdie maklike stappe om fotohoekies van lint vir jou kosbare familiefoto's te maak.

KERRIE EN RYS • VAN GEURIG TOT MATIG TOT VUURWARM EN BOORDENS TOE VOL SPESERYE… DIÉ HEERLIKE KERRIES SAL JOU EN GELIEFDES VAN BINNE WARM HOU OP 'N YSIGE WINTERSAAND.

STOMENDE SOP • IN DIE WINTER IS WARM, GESONDE, HEILSAME SOP DIE PERFEKTE EENPOTMAALTYD.

ANATOMIE VAN 'N KAASKOEK • Die Grieke het blykbaar die eerste kaaskoek uitgedink, maar met verloop van tyd het die resep 'n hele klomp kinkels gekry. Ons deel 'n kitsgids van gewilde soorte kaaskoek wat plaaslik en oor die wêreld te kry is, asook die resep vir die heerlik romerige swart Baskiese kaaskoek uit Spanje.

WOUD TOE • Kombineer aardse sjarme met knus nostalgie vir dié romantiese middagete in 'n woud.

DIS IN DIE DETAIL • 'n Tikkie kleur hier en 'n paar mooi stekies daar is soms al wat nodig is om jou wêreld op te kikker.

BLOMME EN BLOKKE • Gee 'n tartankombers 'n anderste voorkoms deur pragtige blomme daarop te borduur.

SAG IN LINNE • Hierdie pragtige linnerok sal jou spesiaal laat voel en boonop is dit baie gemaklik.

'N TIKKIE FLAIR • Maak hierdie geplooide tulle-kraag en 'n doodgewone rok of hemp lyk sommer dadelik spesiaal.

IN DIE KOL • Koop 'n gewone wit hemp en borduur klein kolletjies daarop. Die detail sal jou hemp 'n heel nuwe voorkoms gee.

IETSIE SPEELS

COCO SE KNOOPTRUI • Maak 'n modestelling met dié pragtige trui met 'n tikkie Chanel-inspirasie.

Polkakolhoed • Brei hierdie oulike pienk hoed met kolle om jou vaal winter bietjie op te helder.

ALTYD NOG 'N PROJEK • Vir Jessie Van In is daar altyd iets nuuts om te probeer, nog 'n projek naas al haar werkprojekte wat sy eenvoudig móét aanpak. G'n wonder sy noem haar hekelblog Projectarian nie. Terena le Roux het met haar gesels.

FLOSSIE DIE KAT • Hier is 'n oulike, wollerige nie-omkeerbare handpop wat jy uit Projectarian se boek kan probeer.

KNUS TEEN DIE KOUE • Begin nou brei aan hierdie pragtige warm oortrui vir die winter.

'N SPRITSIE GELUK • Het jy al ooit by 'n huis of vertrek ingestap en summier 'n gevoel van welbehaaglikheid ervaar? Of dadelik gevoel jy wil padgee? Die kans is goed dat dit 'n reuk was, subtiel of oorweldigend, wat tot jou...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: IdeesFabriek Edition: WINTER BOOK 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: May 24, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans