Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Oct - Dec 2023
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

HERMAN SE BYKOSWENKE VIR DIE LENTE • Ek was nog altyd een van daardie kokke wat my ete om die bykosse beplan. Dis die lekker van die tafel. En as jy genoeg maak, kan jy minder tyd en geld aan die vleis spandeer

ONS HOU VAN • Tuin tot kombuis, met hierdie seisoensgunstelinge kan jy groener, beter en gesonder leef

Lenteboeke in volle blom • Lente is uiteindelik hier en dit is tyd om alles wat groen is – kleur én kos – te omarm! Hier’s ons gunstelingboeke met vars resepte van hier en ver om die nuwe seisoen te vier

ONS TOP-12 • Van pragtige eetgerei tot unieke dekorstukke – hier is al ons gunstelingitems waarmee jy hierdie lente die sjarme van groen kan omarm

HOOR HIER …

EET GESOND

Groen VINGERS • Die lente is hier en dit beteken salige kuiers in jou tuin en geregte wat sê welkom by die warm seisoen. Lang buitetafels en ligte kos op die spyskaart is wat ons nou nodig het

Hier is ons topkeuse van items wat jy nodig het vir jou tuinpartytjie

Flambojant, nederig en anders • Tjaart Prinsloo is ’n boerseun in murg en been. Op die familieplaas net buite Stilbaai klop sy hart die warmste. Dis hier, by sy boerbokke, waar hy asemhaal. En tussendeur die stilte van die plaas bedryf hy en sy ma ’n suksesvolle restaurant. Maar wat gaan aan in die kop van dié kinkelbraaier in kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam ?

Groen vuur • Groente oor die kole is een van die grootste trends in die koswêreld. Danksy sjefs soos die Argentyn Francis Mallmann is vuur nou die dansplek van méér as net vleis. Sy manier van dink inspireer ons

ZERO VERMORSING • Mense vermors ’n derde van al die voedsel wat die aarde lewer, ’n planeet wat reeds ly onder ons talle ander vergrype. Dis onvermydelik: Ons moet ánders na kos begin kyk. Hierdie kopskuif sien jy by ’n nuwe generasie sjefs wat meer verantwoordelik kook om minder te vermors. Hier deel 5 studente van die ICA op Stellenbosch hul resepte

CHAKALAKA Die lekkerrr sous • Chakalaka is onbetwisbaar deel van ons reënboog-cuisine, en daar is so baie wat jy daarmee kan dóén. Kleurvol en pikant dans dit met jou sintuie. Cha . . . cha . . . chakalaka!

Pampoen vir krulhare • As kind het ek gedroom van ’n mooi bos krulhare nes my ma s’n, toe eet ek op haar aandrang bakke pampoen. My hare het allermins gekrul, maar ek het verlief geraak op dié oranje groente met soveel nostalgiese smake

Somaak Afrikaans • Die bykostafel in die Afrikaanse huis is uniek, nes ons mense: dit wemel van name en woorde wat so mooi en lekker van die tong af rol soos dit smaak. Jy kan skaars wag om dié ikone, ons ‘toe-kosse’, te skep

piek FYN • ’n Globale pionier wat spesialiseer in etiese gastronomie, genoem na Kaapse fynbos en geleë in ’n erfenisgebou in die historiese hart van Kaapstad, is waar Afrika se oerkos deur die presiese lens van Japannese kookkuns in grensverskuiwende geregte omskep word. Dit is FYN

Bykosse met net 7 BESTANDDELE • Middel-van-die-week-kos is mos almal se maat, elkeen het daardie wengeregte waarop hulle staatmaak. Hier is 10 bykosse vir die oondbraaihoender, steak of bredie wat jy so gereeld voorsit

E-pos uit ABERDEENSHIRE, SKOTLAND • Van haggis tot hawermoutpoeding, die Skotte weet hoe om ’n gereg te rek. Maar dis nie oor hulle suinig is nie....

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Oct - Dec 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: October 6, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans