Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul - Sep 2022
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS LENTE 2022 IS VANAF 7 OKTOBER TE KOOP

KOSPRAATJIES

ONS HOU VAN

ONS TOP-12 • Pers, van jou klerekas tot die dekorwêreld, is tans gewild. Ons het ’n paar pers items gaan uitsnuffel wat dié winter mooi in jou kombuis sal lyk. Meng en pasdit met natuurlike elemente soos hout en selfs ander helder kleure

SPESERYE VIR WINTER • Streel jou keel met sagte speserygeure. Van jou wyn tot jou tee sal sorg vir smake wat warm maak

DIER-BAAR

ONS Kos

REK DIE LEKKER UIT • Stadig. Dis wat die pandemie ons geleer het – dat ons nie moet bang wees om ons tyd te neem wanneer ons kos maak nie. Dis dalk nie elke dag se ding nie, maar as jy jou gaste wil bederf, is min so lekker soos brood en botter, souse en vulsels wat tydsaam in jou eie kombuis gemaak is

MET HART, JA Goed, beter, Bertus • Sy arms is vol ink-tjaps, sy kop vol idees. Die grense moet soms verskuif word, sê Bertus Basson wat in die kykNETreeks In die sop deelnemers se eetplekke en koppe omwoel. Maar die krag van nostalgie, dié onderskat hy nooit

Bertus se Bennie Griessel-burger

Gespekuloos met lekkerte • Jy sê spekuloos, ek sê spekulaas. Wie gee om? Doop dié tradisionele speserykoekie uit die Lae Lande in ’n warm drankie, hap en daar is vrede op aarde

PAPIERDUN is plesierig! • Gemaak van niks meer as water, meel en olie nie, verbaas fillodeeg my steeds elke keer as ek daaraan vat. Dis papierdun en maklik om te manipuleer as dit rou is. Goudbruin en so breekbaar wanneer dit gaar is

6 fillo-dinge

’n BAADJIE wat getakseer mag WORD • Daar is min dinge wat oor die afgelope twee eeue nie radikaal verander het nie. Die ikoniese wit sjefsbaadjie, wat presies 200 jaar gelede deur Frankryk se eerste glanskok ontwerp is, is een hiervan, skryf Bianca du Plessis Malan

VRYHEID VAN SMAAK

TUIS Kos

NET 7 BESTANDDELE bestanddele • Geniet jou weeksdagetes met maklike kortpadkos wat steeds so mooi is en lekker smaak soos geregte wat meer tyd en moeite verg

Handgemaak is die beste • Pasta maak is soos brood bak: Dit is iets uit jou hande wat ekstra werk en tyd verg. Maar vir die mense om jou tafel wys dit hulle is die moeite werd. Met ’n basiese resep kan jy gou wonderwerke optower

LEER KEN DROË PASTA • Natuurlik het ons nie altyd lus of die tyd om self pasta te maak nie, dus is gekoopte pasta niks om oor skaam te wees nie, selfs ek gebruik dit gereeld. Hier is 6 waarmee ek graag kook. (Daar is meer as 600 pastavorms met amptelike name!)

WAT HET VERKEERD GEGAAN MET MY PASTA? • Wanneer jy tuisgemaakte pasta maak, is daar ’n paar dinge wat kan skeefloop. Meeste van die tyd is die probleem te veel of te min meel, jy het verkeerd geknie of verkeerd gerol

O, gatta patatta! • Gestowe, gerasper, gebak of gepuree – patats maak ons almal ’n nostalgies. Dit laat ons verlang na lang kuiers op ’n Sondagmiddag en ouma se pot vol gestoofde patats wat soos goue juwele blink, net reg om die lamsboud en rys na die tafel te vergesel

12 VRAE OOR PATATS • Die Du Toit-familie boer reeds vyf geslagte in die Koue Bokkeveld. Hulle fokus hoofsaaklik op uie en aartappels, maar het ook meer onlangs patats begin plant. Ons het gaan aanklop op hul ander plaas, Skaapkraal, op Malmesbury om met Pieter du Toit, bedryfshoof...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 156 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul - Sep 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: July 8, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans