Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jan - Mar 2024
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

ONS SOMER-INSPIRASIE

ONS HOU VAN • Boegoewater, nuwe kleure en geure en ’n eerste vir Afrika – hier is die kosdinge wat ons nou opgewonde maak

Seisoen se beste • Proe somer in elk van hierdie vyf moethê-kookboeke vir die nuwe seisoen. Van gesinsgunstelinge tot lugbraai-treffers, maklike beurtkragkos en ’n koek vir elke week van die jaar. Daar is iets vir almal, en selfs die wyn wat daarby pas

ONS TOP-12 • Delf in die verfrissende skakerings van die somer met ’n keur van ons gunstelingprodukte ideaal vir ’n heerlike buitekuier

HOOR HIER …

DIER-BAAR

EET GESOND

’n Fees van VRUGTE • Die somer se skatkis is gevul met suikersoet vrugte wat vra vir lang kuiers aan tafels wat kreun onder die lekkerte daarvan. Kom sit aan en vier die mooiste van die seisoen

OP DIE SPYSKAART • Druiwe-focaccia met neute en heuning Murgbene gebak met parmesaankors en appelsalsa Kouevleis met soet mosterd Swartkersieslaai met gebraaide-uiesous Varklies met pruimsous Perskes met klapper-meringue en vanieljevla

Die voorkoms • Kunssinnigheid en funksionaliteit ontmoet mekaar by hierdie tafel

Die happy twee • Wanneer jy jou voete onder Anwar en Yolani Abdullatief se tafel instoot by hul restaurant, Happy Uncles, weet jy dadelik jy eet kos wat ’n trotse Kaapse storie vertel van die twee se wortels. Jonk en vol ambisie is die twee besig om groot golwe te maak in die kosbedryf

Allawêreld! Afrika • Daar’s ’n stukkie Afrika in elke bottel. Die likeur word van plaaslike bestanddele gemaak, die vrugte met die hand gepluk en verwerk om die romerige smaak te skep waarvoor dié lekkerte so bekend is

Bessies! • My heel eerste storie by SARIE in 2009 was oor bessies. Ek het ’n besonderse liefde vir die delikate vrugte en nou, 15 jaar later, deel ek weer resepte met daardie klein lekkertes wat my keer op keer inspireer

BITTERSOETE VRUG • Sjokolade is iets waarmee ons onsself en ander bederf om liefde te betoon, ’n prestasie te vier, of om sommer net ’n rowwe dag op ’n soet noot af te sluit. Hoewel sjokolade oral in oneindig baie vorme beskikbaar is, behou dit ’n aura van sensuele dekadensie. Die storie van sjokolade is inderdaad soet, maar ook donker soos die donkerste sjokolade . . .

Sê net kaaskoek … • . . . en ek is daar! Kaaskoek, ryk en romerig as kan kom en met ’n bolaag van juweelvrugte, is altyd welkom op my feestafel

Minder vir meer • Die weeksdagkombuis is nederig en geduldig en sy vra net ’n handvol eenvoudige bestanddele om die lewe lekker te maak. Kom sit aan vir kosse elk met ’n vrugtekinkel

Die vrug van liefde • In Frans word dit die pomme d’amour genoem, direk vertaal die appel van liefde. En ons stem heelhartig saam: Die soet geur van tamaties is genoeg om enigiemand verlief te maak op die smaak. Met ’n paar eenvoudige toormiddels word hierdie heerlikheid nuut en anders

E-pos uit ABOE-DHABI, VAE • In dié emiraat van die Verenigde Arabiese Emirate woon tot 200 nasionaliteite en tog kom almal oor die weg. En van boerewors tot tabouleh is daar iets vir elke smaak, vertel Jeanette du Preez van haar tuiste van die afgelope 20 jaar

Tee met ýs, ja • Warm dae en koel, verfrissende ystee . . . nektar van die gode. Nie net lig dit dadelik jou gemoed...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jan - Mar 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: January 12, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans