Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jan/Mar 2022
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

TYD VIR JOUSELF

Sarie Kos

’N REGMERKIE VIR DIÉ SPORTNUTS

ONS HOU VAN • ALLES WAT JY WIL WEET ALLES WAT JY WIL EET ALMAL WAT JY WIL KEN

ONS TOP-12 • Suid-Afrikaners is innoverend en kunstig en daarom wil ons hierdie somer ons mense en hul produkte ondersteun. Hier is ’n paar gunstelinge

Dier-baar

ONS Kos

Geheime wapen • Elke nou en dan sal jy by ’n tafel aansit en iets eet wat jy nog nooit self kon regkry nie, dit proe net verskillend wanneer iemand anders dit volgens hul familieresep maak. Die geheim is beproefde tradisie. Hier is 6 resepte wat deel van jou arsenaal kan raak

Nog ’n sny, asseblief • Wie hou nie daarvan as jou vriende die resep vra vir jou gebak nie? Laat GLAD se produkte deel van die geheim van jou sukses wees

Fees by die see • Hou jou somer lig en vars met feestelike etes so reg vir die strand. Kook eenvoudig en dek ’n lang tafel waar almal kan kuier . . . in die buitelug is die lewe mos mooi

E-pos UIT MOSS, NOORWEË • In Noorweë slaap die kleuterskoolkinders ná middagete in ’n tipe Wendy-huis, al is dit vriespunt buite, want hulle glo die vars lug is goed vir kinders se ontwikkeling. Liezel Stimie vertel meer oor dié land van die noorderlig, salm en die middernagson waar sy vir ’n jaar skoolgegee het

Opgepof! • Om met chouxdeeg te werk is eintlik baie makliker as wat ons glo. Met ’n paar towerbestanddele kan jy veerligte gebak maak wat op enige tafel sal kan pronk

VAN TEEPOT TOT KOSPOT • Daar is ’n wêreld van geur vasgevang in tee wat wag om ontdek te word. Kook en bak daarmee en jy sal met nuwe, sagter oë daarna kyk

DIE DRIE KOMBUISMEESTERS • Die vierde plaaslike seisoen van die gewilde werklikheidsreeks MasterChef skop eersdaags op ons kassies af. In dié reeks ding huiskokke in die kombuis om die titel ‘MasterChef’ mee. Ons ontmoet die drie beoordelaars wat die septer gaan swaai

TUIS Kos

MOSBOLLETJIES & PIEKELVIS • Nie almal ken die gebruik om Paasfees met mosbolletjies en kerrievis te vier nie. Dit verg tyd om te maak, ja, maar dis ’n belegging wat jou gaan beloon met groot geure en lieflike, sagte smake

DIE STORIE VAN PIEKELVIS

10 borde kos 7 bestanddele elk • Laat jou weeksdagtafel van genot kreun met eenvoudige borde kos wat jy maklik en vinnig kan berei. Met net ’n hand vol bestanddele kan jy sommer lekker eet

STUDENTE VOL PLANNE • In die laaste artikel in die reeks ontmoet ons nog vier studente en proe hul unieke seekosresepte. Kom kook saam met die jong sjefs van die Institute of Culinary Arts (ICA) en leer hul geheime

KAAPSE FYNBOS skitter as kruie • Tradisionele kruie sorg al lank vir die lekker in ons kos, maar net hier op ons voorstoep groei ons eie fynbos met heerlike smake. As jy eers die geure van dié veldplante geproe het, sal jy nie weer daarsonder wil kook nie

STYL Kos

MET BLATJANG OF KONFYT? • Braaibroodjies is Suid-Afrika se ding – daarvoor sê niemand ooit nee dankie nie. Die lekkerste braaibroodjie? Wel, dáár lê die ding . . .

SO SE LESERS

Bartho se BRAAIBROODJIE

7 gesonder eetgewoontes • Dis ’n nuwe jaar en tyd om opnuut na jou manier van eet te kyk. Ja, dit kan oorweldigend voel om groot veranderinge aan jou dieet te maak. Begin met...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jan/Mar 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: January 7, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans