Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Apr - June 2024
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Klein dade . . . groot vreugdes

ONS HERFS-INSPIRASIE

ONS HOU VAN • Maklike Sondagkos, nuwe kleure en geure, en soute vir Afrika – hier is die kosdinge wat ons nou opgewonde maak

’n Goeie oes • Kook en eet jou pad na die goeie lewe met hartlike resepte uit die herfs se oes van kookboeke. Van die eenvoudige elegansie van kuier en kosmaak om die plaastafel tot die kuns van kook met vrugte en koekbak op die rebelse manier. Klink ’n glas wyn en ontspan!

ONS TOP-12 • Van bevrore jogurt tot sagte speelgoed, ’n krappaal en ’n doeksagte bed – hier is als wat jy nodig het om jou geliefde hond se stert te laai swaai en jou kat te laat spin

HOOR GOU

EET GESOND

TEE SAAM MET Ma! • Dis die tyd van die jaar om vir jou ma dankie te sê vir al haar liefde en omgee. Vir my was Moedersdag altyd ’n geleentheid oor ’n koppie rooibostee en iets soets. Maak vanjaar jou ma se dag ’n onthou-jy-dag met ’n teeparty geïnspireer deur daardie einste geur van rooibos

Die voorkoms • Hier is alles wat jy nodig het om ’n spesiale tafel vir Ma te dek

• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok • Uiteet is iets wat ek doen vir meer as net plesier. Elke besoek aan ’n restaurant is soos om ’n kunsgalery te besoek – ek lees, doen navorsing oor die kunstenaar se werk en wat sy of haar medium so uniek maak. Vir baie mense is dit goue oomblikke in hul lewe as hulle ikoniese skeppings kan sien soos Leonardo da Vinci se Mona Lisa in Parys, Van Gogh se werke in Amsterdam en argitek Antoni Gaudí se geboue in Barcelona. Een van my groot drome was om die kuns van sjef Thitid (Ton) Tassanakajohn te sien en te ervaar by sy restaurant Le Du in die hart van Bangkok, Thailand. Drome word tóg waar

Presto! pesto • Kathleen Quillinan wou ’n kwarteeu gelede net genoeg geld met haar pesto verdien om haar suiwer sopraanstem verder te ontwikkel. Maar toe word haar besigheid, Pesto Princess Foods, onverwags so suksesvol dat die handelsmerk vandag landwyd bekend en geliefd is. Nou sing sy net in die stort opera-arias

Kerriekos • As herfs aan die deur kom klop, is ’n geurige kerrie een van die lekkerste maniere om die koue buite te hou en die warmte op jou bord te geniet

’N SKATKIS VAN Ou-Kaapse geregte • ’n Jare lange obsessie met ou Suid-Afrikaanse resepte het daartoe gelei dat Hetta van Deventer-Terblanche in 2014 die oudste en volledigste resepte-boerpot uit eie bodem geslaan het. Manuskrip SB 522, oftewel die Westpalmreseptemanuskrip, is tussen ongeveer 1719 en 1888 deur drie generasies vroue saamgestel. Vir haar M-verhandeling oor die manuskrip is Hetta as kultuurhistorikus bekroon met die gesogte Protea Boekhuiseerbewys. Maar wat vertel hierdie resepte ons van die kos wat in die agtiende en negentiende eeu aan die Kaap berei is?

Agt maal lekker met sop • Koeler dae vra vir bakkies vol stomende sop, die oermoeder van trooskos! Met goeie gaarmaakmetodes en slim tegnieke kan jy gou-gou sop maak en harte warm laat klop

DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado • Die Suid-Afrikaanse avokado-seisoen is in volle gang en dit is nóú die tyd om jouself en jou geliefdes te bederf met die lekkerte. Hier is ’n paar planne wat die vrug (ja, dis ’n vrug!) op sy lekkerste laat smaak

KOOKKLAS: Pasta vir die wen • Min...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Apr - June 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: April 5, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans