Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Oct - Dec 2022
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

Ons unieke taal . . . Afrikaans • lê ons na aan die hart, veral as dit ons kos so mooi beskryf!

ONS HOU VAN

ONS TOP-12 • Dek jou lentetafel met flair en ’n blomskouspel met een of meer van dié 12 blompotte, ons gunstelinge van die seisoen

BOEKE VIR DAE • Gaan op ’n kulinêre wandeling deur Nice en Parys se strate, hou langs die pad stil vir heerlike vegetariese geregte of kry die kole tuis gereed vir ’n gebraaide slaai met die lente se splinternuwe lees- en resepteboeke

DIER-BAAR

ONS KOS

STAAN NADER, ONS HOU BASAAR! • Daar is net iets aan die woord. Vir my is basaar die nostalgiese onthou van koeke in sakkies gevul met lug, soet kerrie-en-rys en tafels gelaai met kosbare snuisterye. En oe! moenie vergeet van die stapels pannekoek en basaarpoeding wat dril en bewe nie

BASAARDAG • Kom in die gees met ’n feestelike ontbyt, speelse kleur en genoeg houers vir jou kermisgebak

BLIKKE VOL LEKKER • In vandag se wêreld van oorvloed is kondensmelk dalk ’n hedonistiese lekkerny, maar die aanvanklike doel was om melk só te verwerk en verpak dat dit nie gou sleg word nie

FEESTYD ’N GIDS TOT GENADE • Nadat my ouma en haar onvergeetlike feestafels hierdie planeet verlaat het, was die feestyd vir jare ’n tyd van uitputting, frustrasie, derduisende geskenke en peperduur maaltye. Ons kon Ouma se kombinasie van gesels, gebak en vreugdevolle chaos eenvoudig nie herskep nie. Uiteindelik moes ek my voet neersit, lang gesprekke voer en ’n eie feestyd ontdek. Daar is nou jaarliks ’n ontspanne en praktiese vooruitsig. Ek het my uiteindelike keuses – dit wat moet en dit wat nooit mag nie – al vanaf die verhoog verkondig, ek deel dit nou hier

Gevulde eiers OE(U)F, DIS LEKKER! • Ek was onlangs in Frankryk, waar ek op al wat bistro is se spyskaart gevulde eiers gesien het. Maar nie dié wat ek as kind by troues en begrafnisse geëet het nie, o nee. Oeufs mimosa, soos hulle dit in Frans noem, verlei jou met nuwe geure en smake, fyntjies en mooi gegarneer voorgesit

TUIS KOS

Plathoender10 MAAL LEKKER • Druk jy hoender plat, is hy gouer gaar en sappiger. Maar die heel beste manier om plathoender te geniet, reken ek, is halfpad gerooster in die oond en verder gaargemaak oor warm kole. Geurig en lekker vir elke dag van die week

Sosaties, roosterkoek . . . EN ’N GLASIE DAARBY • Vuurwarm roosterkoek van die kole af met smelt-in-die-mond sosaties. Wat kan lekkerder wees? Ons reken dis die beste feeskos wat jy kan voorsit

IN JOU GLAS • Kuier om die braai is sinoniem met goeie wyn. So probeer een van hierdie Distell-wyne saam met jou sosatie en roosterkoek

EPOS UIT ANTWERPEN, BELGIË • België is bekend vir sjokolade, wafels, bier en Tintin, maar nie aldag vir die feit dat hulle mossels saam met slaptjips eet en ook graag aan paling weglê nie. Tharien Hechter vertel meer

HANDJIES KLAP, koekies bak • ’n Tuisgebakte koekie het maar eenvoudig nie sy gelyke nie. Dis die vreugde van self die deeg aanmaak, vorm, bak en versier. En die bekoring wat geen winkelkoekie kan namaak nie

GOOI mielies • Jy ken die lekker van jou tande wegsink in ’n mielie wat met botter gesmeer is. Mieliepap vir ontbyt. Mieliebrood as bykos. Selfs springmielies. Mielies sal hopelik nooit uit die mode gaan...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Oct - Dec 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: October 7, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans