Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul - Sep 2023
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

HERMAN SE 5 WENKE OM JOU RANDE TE REK • Dis ’n feit soos ’n koei, kospryse is hoog. So hoe koop ek slimmer en spaar geld?

ONS HOU VAN • Dink talmende smake, ’n helder spatsel kleur in die koue. Hierdie winter omhels ons alles wat ons die koue laat geniet

ONS TOP-12 • Hier is ’n keur van die mooiste en boonop praktiese dekorkopies vir jou kombuis en leefvertrek om die koue hok te slaan

BOEKE VIR KOUE DAE • Heerlike kos is net wat ons nou nodig het om ons van binne warm te maak. Hier’s ons keuse van 6 van die lekkerste resepteboeke gevul met hartlike, vertroostende geregte en lekker soet bederwe

EET GESOND

DIER-BAAR

Kuier by die kole • Sonsondergang en ’n lang kuiertafel met alles wat mooi en lekker is. Toegewikkel in warm komberse, kan ons die laaste van die dag geniet en die geure van die winter oor die kole op ons borde proe

ROOIWYN VIR DIE KAGGEL • Winter, koue en ’n vuurtjie is sinoniem met ’n groot glas rooiwyn. Hier is ’n paar wat in jou rak behoort te wees

Vuur & vlam OOR KOLE • Die gewilde Afrikaanse werklikheidsreeks Kokkedoor * is terug op die kykNET-spyskaart en dié keer gaan die 20 deelnemers alles in die vlamme, oor die kole, in die as of op die rooster moet berei. Een van die nuwe beoordelaars is die koskenner Kobus Botha, wat al jare lank in Frankryk woon, waar hy ons braaivaandel hoog hou. Ons het by hom gaan kole maak

KLÉIN SAADJIE ... gróót skop • Wat het die groot plaag van Marseille in die 1800’s uit te waai met Maille, die Franse mosterd met skop? ’n Slim entrepreneur wat die geleentheid gesien het om geld te maak. Sowat 270 jaar later beaam ons die Franse reklameslagspreuk: Il n’y a que Maille qui m’aille. Losweg vertaal: Maille-mosterd is my mosterd

Opgepof ! • Die woord ‘soufflé’ som alles van die Franse kookkuns op: geduld, presies werk, afshow en ’n paar minute van ‘kan jy glo ek het dit gemaak?’ Maar dié gevreesde gereg is eintlik baie maklik om te maak. Dis niks meer as witsous wat gegeur en gebak word met ’n eierwitskuim nie. Probeer dit en beïndruk jou vriende

EET OM TE LEEF • Is ons besig om onsself van die planeet af te eet? Die oormaat kos in ontwikkelde samelewings is verbysterend en die syfers wat daarmee gepaardgaan, skrikwekkend. Van watermassas wat opgeslurp word, tot die koolstofvoetspoor van die globale verskaffersnetwerk, om nie te praat van ons onversadigbare aptyt vir diere nie. Wêreldwyd blaas vee jaarliks die metaan-ekwivalent van 3,1 gigaton koolstofdioksied die atmosfeer in. Is die oplossing vir ons klimaatskrisis om eenvoudig op te hou diere eet?

Net 7 bestanddele ALLES OP JOU STOOF • Maak etes vir winteraande makliker met hierdie eenvoudige resepte wat alles bo-op jou gasstoof of ’n losstaande gasplaat gaargemaak kan word. So kan ons vir Eskom sê vat so, ons sal steeds lekker eet

Sop vol lekker • Winteraande vra vir bakkies vol sop wat jou warm maak van binne. Maar hoe gemaak met vleis wat so duur is? Hier is drie soppe met goedkoper snitte wat vir jou al daardie geur gee, maar jou beursie bietjie laat asemskep

E-pos uit HONGKONG, CHINA • Noem dit en dis daar. In skoon, vriendelike Hongkong kan jy die onverwagte verwag, skryf Herman Zwiegers, veral as dit by kos kom

Onderstebo • Sal ons...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul - Sep 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: July 7, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans