Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul/Sep 2021
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

DIE GOEIE OU DAE

SARIE KOS

KRAGPROP-RYGOED

ONS HOU VAN • ALLES WAT JY WIL WEET ALLES WAT JY WIL EET ALMAL WAT JY WIL KEN

ONS TOP-12 • Skep ’n knus gevoel in jou huis deur die nuwe seisoen in groen te verwelkom met hierdie vuurwarm dekor-items en kombuisbykomstighede

Dier-baar

ONS Kos

Kuier met VOLSTRUISVLEIS • Middagete op die stoep of in die tuin op ’n perfekte wintersdag is ’n bederf wat geld nie kan koop nie. Dek ’n langtafel, kook ’n eg Afrika-spyskaart met die smake van volstruisvleis – laag in vet en gesond – en kuier tot die koue weer geniepsig raak

DEK JOU TAFEL SÓ

FEES VAN HOENDERGEURE • Hoender is goedkoper en gesonder as rooivleis en sal altyd koning kraai in die kombuis. Daarom glo ons jy kan nooit genoeg resepte van dié staatmaker hê nie

Passie glanssjef Bertus se energie • Drie dae, of 72 uur, dis hoe lank Bertus Basson in die werklikheidsreeks In die sop: Restaurant Evolusie* het om nuwe lewe in ’n restaurant en sy spyskaart te blaas. Ons het met dié bekroonde sjef en restauranteienaar gaan gesels oor sy liefde en passie vir die bedryf

Toegevou • Min is sulke lekker trooskos in die winter soos tuisgemaakte pastei. Nie net maak dit jou lyf warm nie, maar sommer ook jou hart. As die verlange vlak lê, is dit my ma se hoenderpastei waarvoor ek lus is. Want dis onder daai bros kors wat lepels vol lekkerte wag

E-pos UIT FLORENCE, ITALIË • Gucci, bekende kunswerke, palazzo’s, Italiaanse koffie, gelato en zuppa inglese het Janie en Carla hul hart op Florence laat verloor. Nou studeer albei die Marais-susters van Stellenbosch in dié mode- en kunsstad

Poeding & vla • Kos en vuurmaakhout vir die siel in die winter is warm poeding voorgesit met vla. En nie sommer hierjy-vla nie, maar tuisgemaak met die geure van sjokolade, sitrus, brandewyn, speserye of roos . . .

TUIS Kos

As kos Lepellê • In die winter is dit heerlik om knus onder ’n kombers of voor die kaggel te sit met ’n groot bak vol lekker op jou skoot. Die soort watt jy sonder ’n mes en ’n vurk eet, maar met ’n lepel in die hand. Kortweg sommer genoem lepelkos

Koejawel, jou lekker ding! • Ryp gemaak deur die son se strale . . . daar is min geure wat winter opsom soos dié van koejawels. Met sy pienk vlees en kenmerkende skil kan jy hierdie vrug geniet in byna alles – van drankies tot bredies, en natuurlik gestowe saam met warm vla

Koyawelding

SMUL AAN KOEJAWELS VIR ’N GESONDHEIDSHUPSTOOT • Ons het gaan inloer by boer Bosman le Roux op die plaas De Krommerivier buite Wellington oor die koejawelbedryf in Suid-Afrika en die kragtige voordele van dié supervrug

AS BROOD & KUNS ONTMOET • Die De Jagers se piepklein tuisbakkery het tydens die inperking gesog geraak. Jy kan sommer die aandag en liefde proe wat in daai brood gesit word. En dis amper te mooi om te eet

10 borde kos 7 bestanddele elk • Met min bestanddele kan jy steeds elke aand heerlike kos maak vir jou geliefdes. Al wat dit vra, is slim gaarmaakmetodes en goeie bestanddele

DIÉ STUDENTE KOOK! • In die eerste van drie artikels bederf ons jou met seekosresepte uit die kombuise van die Institute of Culinary Arts (ICA) op Stellenbosch. Sjefstudente uit drie verskillende...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul/Sep 2021

OverDrive Magazine

  • Release date: July 2, 2021

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans