Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

July/August 2021
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

REDAKTEUR

Woorde wat jou elke dag inspireer

Idees

HOU JOU KOP VUURWARM

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

Woorde wat jou elke dag inspireer

VOLHOUBAAR VERNUWE • Elke keer as die dekorstilis Annette van Dijk-Middelkoop verby die vervalle huis met die groenblou deur gery het, het sy geweet dís waar sy eendag wil bly. Dit was ’n storie en ’n half om die bouval uit 1829 gekoop te kry, maar toe dit eers hulle s’n was, het hulle sommer dadelik met die restourasiewerk begin.

SIT KNUS • Gee spesiale aandag aan jou sitkamer, dis immers die deel van jou huis waar jy lekker wil kuier en ontspan. Hier is ses style om jou te inspireer.

MURE MET OEMF! • MURE MAAK ’N BELANGRIKE DEEL VAN JOU HUIS SE KARAKTER UIT, SO HOEKOM NIE ’N BIETJIE MOEITE DOEN EN DIT MOOI INKLEE NIE? HIER IS VIER PROJEKTE - VAN MAKLIK TOT MEER UITDAGEND - OM TE PROBEER.

KREATIEWE NESSIE • Elke kreatiewe mens droom van ’n ateljee waarin na hartelus handwerk gedoen kan word. As jy plek het, is ’n klein wegkruipplek soos dié die antwoord.

Woorde wat jou elke dag inspireer

SOPSEISOEN • WAT IS MEER VERTROOSTEND AS 'N BAKKIE STOMENDE, DIK, HEILSAME SOP? ONS DEEL SES TREFFERRESEPTE.

SÓ BEWAAR JV groente

STROOPSOET SITRUS • Hierdie heerlike gebakte winterpoedings laat nie net sitrusvrugte hulle beste voetjie voor sit nie, maar gee ook ’n geurige kinkel aan klassieke treffers en nuwe gunstelinge.

KINDERSPELETJIES • ’n Paar houtkratte, ’n ou bedkassie en ’n bietjie verbeelding is al wat jy nodig het om hierdie oulike speelgoed te maak.

BLY KINDERLIK OPGEWONDE • GEKLEURDE ZOO-KOEKIES GEDOOP IN SOET TEE, DIE REUK VAN ’N MENS SE MA, MIELIEPAP, BILTONGVET, DIE PLOF VAN REËN OP KRISMISROSE, TREINE WAT KLIK-KLAK DEUR JOU KOP… DIE GEURE, KLANKE EN TEKSTURE VAN ONS KINDERJARE LUIER IN ONS GEMOED EN GEE KLEUR AAN ONS LEWE.

Woorde wat jou elke dag inspireer

MAAK LIG • Gaan snuffel by vlooimarkte rond vir ou skinkborde, bakke, glase en borde wat jy kan inspan om mooi lig in jou huis te skep. Hier is ’n paar projekte.

SIT-SIT SO • Gee aan jou huis ’n warmer gevoel met ’n fluweel-ottoman. Só kan jy jou eie een maak.

DEFTIG UITGEDOS • Verander jou stoel in die onderwerp van bespreking deur dit in ’n ontwerpersromp (en-sokkies!) te klee.

SO PRRRAGTIG • Behandel die kat in jou lewe soos die koninklike wat hy is… met ’n nessie vir lekker knus opkrul langs die kaggelvuur.

HETTIE DIE HASIE • Maak die fraaiste sagte maatjie vir jou kleinding.

GROEN WOEMA • Hierdie anderste en kleurryke geometriese poncho is pret om te maak. Net reg om ’n wintersdag op te helder.

LIEWE BESIE • Borduur hierdie oulike kewerborsspeld en kikker jou aandsakkie (of jas!) daarmee op.

MOOI WOORDE • Gebruik stensils en stempels om ‘geheime’ boodskappe vir jouself en jou geliefdes op alledaagse items te skryf.

LUUKS IN BRUIN • Omgeef deur ’n ryk palet van grond, stof en klei, van bruin in haar volle glorie, is winter die seisoen vir rus en asemskep voordat jy oorbegin.

SKEP ASEM • Hoeveel keer sien ons nie deesdae die...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 140 Publisher: IdeesFabriek Edition: July/August 2021

OverDrive Magazine

  • Release date: June 18, 2021

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans