Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

September/October 2022
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

Idees

Inkleurprent

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS.

DíS IN SEISOEN • Verwelkom die lente aan jou tafel met kraakvars groenighede soos ertjies, aspersies en bronkors en voeg kleur by jou al fresco-borde met steenvrugte en ’n keuse van bessies.

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

TUIS IN DIE NATUUR • Babylonstoren se lieflike Fynbos Cottages in die Kaapse Wynland is private toevlugsoorde waar die natuur die septer swaai.

HUIS VOL KLEUR • Moenie bang wees om kleur in jou huis te gebruik nie. Die groot geheim is om skakerings te kies wat in harmonie met mekaar werk. Hier is sewe vertrekke om jou te inspireer.

TWEE VIR DIE PRYS VAN EEN • Dié klein laaikas het by ’n tweedehandswinkel staan en stof vergaar en geskreeu om ’n tweede kans. Ons het besluit om dit in ’n sytafeltjie te verander en die laaie in rakkies – twee vir die prys van een!

SNY ’N MULTILAAGSTENSIL • Jy het net ’n paar dinge en ’n bietjie geduld nodig om jou eie mooi veelkleurige stensil te ontwerp wat deur die Bauernmalerei-volkskilderkuns geïnspireer is.

DANS MET KLEUR • Soms kry jy so ’n vrolike lekkerkry-gevoel as jy by ’n huis instap. Dís wat dopamien-dekor glo doen: Dit is die gebruik van kleure en patrone wat plesierig met jou brein se oordragstowwe dans.

VROUE WAT

VROUE MET INVLOED

VROUE WAT FLOREER

VROUE WAT SKEP

Woorde wat jou elke dag sal inspireer

LENTE-TERTE • IS DAAR ’N LEKKERDER MANIER OM DIE SEISOEN SE VARSSTE BESTANDDELE TE GENIET AS IN ’N TUISGEBAKTE TERT OF QUICHE?

LENTEGROENTETERT

MURGPAMPOENTJIE-EN-WORTELQUICHE

FILOTERT MET GEROOSTERDE AARBEIE

DROMERIG ROMERIG • Hierdie ryk, ongebakte kaaskoek met heerlik vrugtige geure en ’n witsjokoladekors is ’n dekadente bederf vir enige okkasie.

SNY ’N KOEKIESTEMPEL • Voeg ’n tikkie blommebekoring by gewone soetkoekies met ’n stempel wat van polimeerklei gemaak is. Dis kinderspeletjies!

PAPIER, MY DIER • Gebruik ’n ledige uurtjie of drie om jou eie papier te maak waarmee jy spesiale stukke kan skep om familie en vriende mee te bederf.

Maak jou eie papier • Die mooiste kleurnuanses kom na vore wanneer ’n mens papier maak! Draai die kreatiwiteitskrane wawyd oop en begin eksperimenteer… unieke stukke is gewaarborg.

DRA JOU STYL OOR • Gee jou glas-en emaljeware ’n shabbysjiek voorkoms met ons dekoratiewe ontwerpe en dié maklike oordragtegnieke.

Papiervlerke • Die lente sit haar beste voetjie voor in die vorm van blomme en die gefladder van delikate skoenlappervlerke. Ons het ’n origamitegniek gebruik om ons skoenlappers as versiering vir ons lentetafel te vou. Maak ’n verskeidenheid vlinders in verskillende kleure en groottes en sprinkel genoeg daarvan oor jou tafel.

Borduur ’n skoenlapper • Kry inspirasie uit die natuur en borduur vir jou kleinding dié fraai skoenlapper op ’n spesiale rokkie.

Brei ’n liewe lappertjie • Vier die helder kleure van lente en maak ’n sagte skoenlapperspeelding.

Fraai soos ’n vlinder • Gebruik...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 140 Publisher: IdeesFabriek Edition: September/October 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: August 19, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans