Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg! Stapgids 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Dankie, mense!

Weg!

Ontmoet die skrywer • Die klimmer, berggids en skrywer Riaan Vorster se boek Lines of Least Resistance het einde laasjaar verskyn. Dié 101 sketse van roetes op Tafelberg gryp die verbeelding aan, deel staaltjies uit die vroeë klimpioniers se dae en laat jou hierdie bekende baken in ’n nuwe lig sien.

Ontmoet die kartograwe • ’n Mens kan maklik agterkom wie in ’n geselskap stappers is. Noem net die van “Slingsby”, en jy sien sommer die herinnering aan avonture in hulle oë bokspring. Want vir ’n hele generasie het Peter en Maggie Slingsby met hulle roetekaarte die mooiste, wildste plekke in Suider-Afrika bereikbaar gemaak. Ná 23 jaar lê dié twee nou die kompas neer, maar gelukkig bly die kaarte steeds op koers. Sophia van Taak het met hulle aan huis in Muizenberg, Kaapstad, gesels.

As die ‘grrr!’ in die GR20 ’n droom sink • Elke stapper moet sy beperkinge in die oë kan kyk. En weet wanneer om om te draai, skryf Marnus Hattingh.

Dís ons staatmakers • Die Stapgids-skrywers vertel op watter die toerusting hulle vertrou.

Nuut én nuttig • Jeuk jy om iets nuuts aan te skaf? Hier’s beproefde opsies om te oorweeg – van goedkoop items wat ’n groot verskil kan maak tot ’n paar swaar kanonne vir die dag wanneer jou skippie inkom.

’n Hoek vir wegkruip • Op soek na ’n ware bergwildernis naby Kaapstad? Die Groot-Winterhoek is net meer as twee ure se ry ver, en groot dele van dié gebied is nog ongerepte gramadoelas.

Stap tot by die stilte • Die mens aanvaar meestal sy posisie aan die bopunt van die voedselketting as vanselfsprekend. Maar wag tot jy jou – sonder tent – op ’n nag iewers in ’n slaapsak in die Bosveld bevind. Wanneer ’n olifant se getrompetter dan deur die nag skeur… kén jy jou plek.

Daar’s niks soos die Naukluft nie! • Die Naukluftberg in Namibië is nog ’n grotendeels onaangeraakte landskap. Kom maak dié besonderse plek ’n week lank jou tuiste.

Blitsbesoek aan ’n buurland • Vir die deursnee-stapper is die Drakensberg intimiderende terrein wat beelde oproep van uitmergelende klimme en ’n gesukkel met tente in bibberweer. In die mees suidelike Boesmansnek-gebied is daar egter ’n relatief maklike roete waarlangs jy die berg se asemrowende hoogtes kan bereik. Én boonop in ’n warm bed slaap.

Waar trane blydskap word • Net buite Graskop in Mpumalanga kronkel ’n driedagroete deur een van die grootste canyons in die wêreld. Kom stap, swem en slaap in die bottelgroen Blyderivierspoort.

Die Hoëveld se Jungle Book • Op die eskarp tussen Machadodorp, Carolina en Badplaas wag 38km se staproetes. Kom klou soos ’n aalwyn aan die kranse, verdwyn in die ruigtes en trotseer die wind saam met die suikerbossies.

Hier sluk die aarde jou in • Jy het waarskynlik al die Oorlogskloof gesien sonder om dit te besef: Dié reservaat lê daar waar die Bokkeveldberg in die verte net ’n vaalblou band om die Knersvlakte span. Maar as jy eers een keer die Rock Pigeonroete deur dié woesteny kom stap het, ry jy nooit weer op die N7 langs verby sonder om te groet nie.

Nooit gedag dis só mooi nie • Daar waar die Baviaanskloof-en die Kougaberg só styf teen mekaar aanlê dat die klowe en spitse tot anderkant die Oos-Kaapse horison opstapel, stap ’n mens liggaam en gees weer gesond.

’n Voetpad...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg! Stapgids 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: July 21, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans