Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Aug/Sep 2022
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

LAAT JOU GELD OOR DIE WÊRELD REIS • Om jou geld oor die wêreld te laat reis, is glad nie so skrikwekkend soos dit klink nie, en ook nie so duur soos jy miskien dink nie. Volg ons wenke om wêreldwyd te belê – dit kan een van die slimste geldskuiwe wees wat jy ooit sal maak.

Ontsnap die knyptang

AGTER DIE SKERMS • Wil jy ’n paar eksemplare van Stapgids of Wilde Plekke bestel? Of het jy al gewonder wie hanteer die navraag wat jy na verkope@media24.com stuur? Ontmoet die gedugte drietal van Media24 Leefstyl wat sorg dat die reëlings vir meer as 20 tydskrifte glad verloop: Yumna Tofey, kantoorbestuurder, Nazeer Najaar, drywer, en Bongani Lamani, versendingsklerk.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS

Living with Nuts, Manguzi, KwaZulu-Natal

STERREWEG • Briewe aan die maan

Nabootsing of toeval?

ONS GESELS MET Bonné de Bod • Saam met Susan Scott is dié vrou die breinkrag agter bekroonde dokumentêre programme soos STROOP en Kingdoms. Hulle mees onlangse projek, Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod, word vanaf Julie 2022 op kykNET uitgesaai.

BOEKE EN MUSIEK • SAAMGESTEL DEUR MARTINETTE LOUW

Snakes and other Reptiles of Zambia and Malawi • Deur Darren Pietersen, Luke Verburgt en John Davies, Struik Nature R430 in boekwinkels

Die Bok wat sy Spring Verloor het • Deur Marleen Lammers, LAPA Uitgewers R150 in boekwinkels

PADMUSIEK

ONTMOET DIE SKRYWER • In sy fotoboek Die Anglo-Boereoorlog in Kleur – Volume 1 stof die digitale kleurkunstenaar Tinus le Roux swart-wit foto’s van ’n invloedryke gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis af en gee hulle ’n moderne baadjie.

Ek en Mister Claude • As ’n boorling van Kuruman het die Moffat-sendingstasie – en ’n iesegrimmige bok! – ’n groot rol in Lorato Trok se lewe gespeel.

Stap dorp tot dorp langs die Weskus • Op die Shoreline of the San-slenterstap omvou die Weskus se ru natuurskoon jou soos ’n koel misbank. En op sy afgeleë strande waai die suidoostewind jou siel skoon.

Maak tyd vir Ithala • Die Ithala-wildreservaat doer in die noorde van KwaZulu-Natal is een van die provinsie se goed bewaarde geheime. Hier kan jy vir ’n paar dae wegraak in klowe en woude sonder om deur ander toeriste vertrap te word.

Op reis na die verste hoek • In Namibië voel dit soms asof jy stoksielalleen deur die landskap reis, asof in ’n ander, wilder eeu. In die Kunenestreek in die noordweste van die land raak Toast Coetzer die pad byster... op ’n goeie manier.

MENSE SE LENSE • Iewers buite wag ’n pragfoto vir jou... Stuur joune na Toast Coetzer by menseselense@weg.co.za – dalk haal dit hierdie blaaie!

Waar jou siel hom kan uitstrek

Gerook & gerooster • Jy hoef nie ’n roker te hê om disse se smaak met ’n lieflike rokerigheid te verdiep nie. Hier’s ’n paar slim resepte wat met bestanddele soos gerookte paprika, spek en gerookte snoek kortpad vat.

Trek dié waens deur die drif • Gesinswaens is so retro soos ’n...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Aug/Sep 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: July 29, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans