Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg Namibie 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Umm, wat is my gunsteling-plek…?

Weg!

AGTER DIE SKERMS

SÓ WERK DIE GIDS

BY DIE GRENS

’n Halfeeu se reise na Namibië • HP Steyn het al telling verloor hoeveel keer hy Namibië sedert sy eerste keer in 1966 besoek het. Hy vertel van vyftig jaar se avonture in dié besonderse land.

Die Namib se groot natuurraaisel… • Vir jare reeds lê leë kolle soos pokmerke oral oor die Namibwoestyn. Van Hamburg tot Henties stry wetenskaplikes en toeriste op kampusse en kampplekke oor wie of wat Namibië se feetjiesirkels veroorsaak. Vandag is daar twee teorieë wat die meeste ondersteuning geniet.

Verkenners van die Kuiseb • Wanneer jy genooi word om van die eerste mense te wees om ’n wilde, woeste canyon sewe dae lank te voet te verken, sê jy summier ja! En wonder eers later hoekom niemand anders dit al voorheen gedoen het nie…

Op fietse deur die woesteny • Op ’n fiets neem ’n reis veel langer, maar jy leer ken régtig ’n plek en sy mense. En dis hoe Johan en Jana Wahl daarvan hou.

Dis my plek dié! • Weg het ’n paar mense wat Namibië góéd ken, gevra waar hulle gunsteling-plekke is. Dit was ’n taai stryd, maar hier is 14 plekke wat hulle weer en weer besoek.

DIE SUIDE • Talle Suid-Afrikaners het foto’s van die Visriviercanyon, Kolmanskop se spookhuise, die kokerbome rondom Keetmanshoop en Aus se wilde perde in hulle fotoalbum… Wag, het jy nie? Dan is dit tyd dat jy die suide van Namibië, oftewel Suid-Afrika se “tiende” provinsie, die eerste keer (of weer) besoek.

Doen dié 5 dinge

SUIDE

SUIDE BLYPLEKKE

HELMERINGHAUSEN • Met ’n winkel, vulstasie, hotel, posbusse, boereverenigingsaal en selfs ’n tennisbaan kan Helmeringhausen amper vir ’n dorpie aangesien word. Tog is dié piepklein nedersetting een van die gewildste stilhouplekke diep in die suide van Namibië.

AUS • Glo dit ofte nie, maar op ’n tyd was Aus die middelpunt van gebeure in die Suide.

BETHANIE • As ’n mens deur Bethanie ry, lyk dit nie na veel nie, maar dis een van die oudste dorpies in Namibië met ’n ryk geskiedenis, asook die setel van die !Amanstam van die Nama-volk en die tuiste van hulle hoofman, Johannes Frederick.

DIE MIDDEL • Van die mees hooggeleë gebiede in Namibië lê in die middel, soos die Khomas Hochland met sy berge en passe. Van hier af daal ’n mens weer af na die vlaktes van die Namibwoestyn en uiteindelik die yskoue Atlantiese Oseaan.

Doen dié 7 dinge klassieke

MIDDEL

Baai van die walvisse • Walvisbaai is al meer as 500 jaar lank bekend aan seevaarders en walvisjagters vir sy wye baai vol walvisse. Vandag lok die dorp toeriste van heinde en ver.

Doen dié 5 dinge • Jy kan Walvisbaai maklik vlak kyk as net ’n bedrywige nywerheidsdorp. Die dorp sit aan die randjie van ’n yslike strandmeer én die Namibwoestyn in ’n baai wat ’n veilige hawe is vir mense, ja, maar ook seediere! Hier’s vyf maniere om dié hawedorp beter te leer ken.

BLYPLEK MIDDEL

NOORDE • Oral in Namibië voel ’n mens asof jy ver in die wêreld is, maar in die noorde van die land wat Etosha se wit vlaktes, die Kaokoveld en die magtige waters van die Kunene, Kavango, Kwando én die Zambesi insluit, voel dit asof jy die einde van die aardbol bereik het.

Doen dié...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 142 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg Namibie 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: June 23, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans