Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Dec/Jan 2023/2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

‘Hier kom die somer, die son’

AGTER DIE SKERMS • In hierdie uitgawe skryf Jon Minster hoe hy en sy gesin saam met Bhejane op die Big Game and Coral Reefs-toer gereis het. Dit was ’n groot avontuur – al die pad van die Kruger af tot op die strande van Mosambiek!

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V&A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS

STERREWEG

LUIPERDLESSE

ONS GESELS MET Karen Edley • Dié bemarkingsdosent van Johannesburg was al in 14 lande! Maar sy reken ’n perdepad deur die Karoo is net so opwindend soos ’n oorsese avontuur.

BOEKE

Die openbaringe van ’n laatvat • In 2018 het Ian McNaught Davis se rugbydrome uiteindelik waar geword toe hy vir ’n klubwedstryd in Georgië uitdraf.

Obrigado, Mosambiek! • Die meeste reise na Mosambiek begin met ‘n chaotiese grenskruising by Komatipoort. Maar het jy geweet daar is ook ’n grenspos na dié buurland in die Krugerwildtuin? Hoe klink ’n strand- én bosveldvakansie? Kom toer saam langs dié minder bekende roete.

Kom baai in die bos • Danksy die volop skaduwee en strome is die Tsitsikamma-staproete gewild in die somer. Kom verdwyn in ruigtes waar rus is.

Sewe dae in die Agter-Pakhuis • Die Noordelike Sederberg is ’n gasvrye kontrei. Kom ontmoet die mense wat hier bly, en verdwaal in die rotslandskap van die Agter-Pakhuis.

MENSE SE LENSE • Moenie dat gras onder jou voete groei nie! Stuur jou beste reis- en natuurfoto’s na menseselense@weg.co.za – dalk bespreek Toast Coetzer volgende keer jóúne.

G is vir gemmer & geur! • Vier dié somervakansie fees met ’n knippie of sommer ’n hele stuk van hierdie geurige wortel in jou geregte!

Fortuner steeds immergroen • Die Fortuner ry reeds ’n lang pad sedert sy eerste inkarnasie as ’n Hilux-kruising. Die duurste in die reeks, die 2.8 GD-6 VX, is ’n luukse gesins-4x4 wat enige pad in Suider-Afrika kan tem.

Dis Krismis! • Die span by Weg speel weer Kersvader met ’n lekker wenslys geskenke vir elke Kerskous.

BLY HIER • BRENTON ECO-COTTAGE, KNYSNA

Die gety draai • Paternoster spog deesdae met ’n waterfront en ’n wêreldberoemde restaurant. Tog is hier nog talle vissermanne wat al generasies lank net uit die see en in die lig van die vuurtoring lewe. Kom ervaar dié tydlose Weskusdorp.

Rand en sent • Het jy geweet dat Suid-Afrika se natuurskoon op ons geldnote en -munte gevier word? Ja, die Groot Vyf plus nóg ses ander uitsonderlike spesies verskyn op jou sakgeld!

VOËLS • OP SOEK NA DIE KONGAMATO IN WILDE AFRIKA

MET MY EIE OË • Die Kgalagadi-oorgrenspark is Lenchen de Beer van Maclear in die Oos-Kaap se gunsteling-park. En ná ’n belewenis soos dié is sy vas van plan om binnekort weer hier te draai.

Middernagritte en Afrika-masserings • Op hulle maand lange reis deur Oos-Afrika mik Ian Tyrer en sy vriende van Uganda via Kenia na Tanzanië se Mafia-eiland. En om die avontuurmeter in die rooi te hou, spring hulle daarna op ’n 30 ure lange treinrit binneland toe!

BLOKRAAI

BRIEF UIT Vishoek...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 213 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Dec/Jan 2023/2024

OverDrive Magazine

  • Release date: December 1, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans