Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Stapgids 2022
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Stap se Groot Vyf

Weg! Stapgid

Om jouself weer raak te loop • Jy het nou al die Amatola op jou kerfstok, so ook die Visriviercanyon. Die Drakensberg ken jy al soos die palm van jou hand, en die Otter kan jy toe-oë stap. Wat bly oor? Suid-Afrika se langste staproete – die Rim of Africa.

Hiermee stap ons… • Vanjaar se Stapgids-span is gesoute stappers wie se opinie jy maar kan vertrou. Hier’s van die toerusting wat hulle onlangs getoets het en kan aanbeveel.

’n Kenner in jou hempsak • Wanneer ’n mens voetslaan, wil jy veilig wees, jou roete kan naslaan, koers hou én interessante dinge oor die omgewing waardeur jy beweeg, te wete kom. Terug by die huis wil jy kyk hoe vinnig en hoe ver jy gestap het, die avontuur herleef, dit iewers vir die toekoms bewaar en jou vriende daarvan vertel. Klink dit alles na te veel moeite? Dit is nie! Kry net die regte slimfoonapp vir die taak. Hier’s my gunstelinge.

In die voetspore van reuse

Slaap op die Overberg se dak • Daar is min oornagroetes wat ’n mens met jong kinders kan stap, maar op die Galpin-roete in die Kleinrivierberg naby Hermanus is alle ouderdomme welkom.

Die Otter se kleinboet • ’n Lekker uitdagende staptog langs die see is ’n goeie manier om ’n nuwe jaar te begin. Op die Harkerville-sirkelroete tussen Plettenbergbaai en Knysna beleef stappers in net twee dae die beste van die Tuinroete – woudruigtes én ’n ongerepte kuslyn.

Op die kroontjie van die Karoo • As jy steeds dink die Karoo is plat, of vaal, moet jy die Drie Pieke-uitdaging in die Sneeuberg rondom Graaff-Reinet aandurf. Hier laat die berge jou klein én spesiaal voel.

Dis die gróótmeneer! • Net ’n entjie agter die indrukwekkende Injisuthidrielingpieke skuil ’n berg wat op die oog af nie na veel lyk nie, maar tog op elke stapper se radar hoort. Dis Mafadi, die hoogste plek in Suid-Afrika. Om tot só diep in die Drakensberg te stap is egter g’n grap nie. Die roete is taai en die terrein wild, maar die uitdaging eenvoudig net te verleidelik om te ignoreer.

Kyk ’n buffel in die oë • Om die Mphongolo-rugsakroete in die wildtuin te stap is ’n wonderlike ervaring. Maar wees gewaarsku: jy gaan vir altyd terugverlang.

’n Oertydse eenvoud • Daar’s geen ander staproete in Suider-Afrika waarmee ’n mens dit kan vergelyk nie – die landskap, die uitdagings en die atmosfeer van die Visrivier-canyon bly klassiek.

Waar woudreuse waghou • Magoebaskloof staan onder sy inwoners bekend as “die land van die silwer mis”. Besoekers wat hier kom stap, besef gou dit is ook die land van mos, modder en monsterbome! Kom verken dié subtropiese woude in Limpopo.

Dis die blond en die blou • Die Erdvark-staproete op die plaas Rooiheuwel loop oor woeste berggrond, daar waar die Nuweveldberg soos ’n vars baksel mosbeskuit uit die kaaltes oprys en skouers breedmaak. En, net soos met beskuit warm uit die oond, is dié kors een van die lekkerste dele van die Karoo.

Swerf seelangs • Daar is min plekke mooier en meer verkwikkend as die Wildekus, en as ’n mens die Strandloper-roete stap, kan jy jou verbeel hoe die lewe hierlangs vir die heel eerste inwoners gelyk het. Hoewel meestal plat, is die terrein óf klipperig óf sanderig en die stapwerk nogal veeleisend – veral as jy met ’n swaar rugsak stap. Gelukkig hoef...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Stapgids 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: June 24, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans