Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg Kuierkos - 2022
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Ontspan en lekker eet

MEDEWERKERS

Blikke vol! • In die winter draai almal in die huis kort-kort in die kombuis op soek na iets te ete. Met dié gebak sal jy van Ouma tot Kleinsus tevrede hou – daar’s enigiets van ’n bros happie saam met koffie tot peuselgoed vir ’n Scrabble-toernooi laatnag!

Wanneer laas… • Marmitetert, melkkos, melktert, pampoenkoekies, mosbolletjies en tongbroodjies met mosterd; kaiingvetkoek, biltongmuffins en ’n gestolde visvorm – dié immergewilde treffers is pure Suid-Afrikaanse nostalgie en gaan beslis sorg vir ’n glimlag of drie aan tafel.

Oordie kole • Of jy nou braai ter viering van Nasionale Braaidag of sommer net lus voel om in die vlamme te staar, hier is ons gunsteling-resepte vir hoender, lam, steak, ribbetjies en bykosse wat van jou ’n braailegende sal maak!

Stadig en geurig! • Potjies, wildsvleis en pasteie – die geur van vleis wat stadig in die oond rooster of in ’n potjie prut, laat ’n wintersaand knus voel. Die lekker lê in eenvoud, geduld en goeie bestanddele.

Min moeite! • Vinnige eenpotgeregte, meesterlike slaaie, ons gunsteling-tamatieresepte en bobaas boeries – dié geregte is perfek vir naweke of vakansietye wanneer jy met min moeite lekker wil eet.

Soet bederwe! • Die meeste van ons ontgroei nooit kleintyd se suikertand nie. Verras jou geliefdes se binnekind met dié lekkernye.

Weg Kuierkos

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 202 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg Kuierkos - 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: September 2, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans