Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg! Wilde plekke 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

TOAST AAN DIE WOORD

Weg!

KYK HIER!

KYK HIER!

’n Vloed kom op twee maniere • Wanneer swaar somerreën in die binneland val en die damme stroomop van die Oranjerivier uit hulle sluise bars, maak die Augrabies-waterval- nasionale park hom reg vir ’n toestroming van water – én mense.

Uit oerwoud en vlakte • Die Addo-olifant- nasionale park is ’n uitgebreide netwerk van bewaringsgebiede in die Oos-Kaap en strek van die Indiese Oseaan oor die Zuurberg na die suide van die Karoo... Waar begin ‘n mens dan, veral as dit jou eerste besoek is?

Klein maar getrein • KwaZulu-Natal het ’n oorvloed van klein, minder bekende provinsiale reservate en private reservate wat unieke habitatte beskerm. Toast Coetzer toer van die Spioenkopdam kus toe na die Umlalazi-natuurreservaat, en van daar verder suid na die Vernon Crookes- en Oribiravyn-natuureservaat.

Botsalano – dis basies Botswana! • Die Botsalano-wildreservaat in Noordwes is net vier ure se ry van Johannesburg af, maar bied ’n goeie voorsmakie van Botswana sonder om eens die grens oor te steek.

Waar woonplek en wildernis ontmoet... • Waar kry jóú siel rus? Diep in die berge, op ’n verlate strand, of langs ’n rivier? In die Wes-Kaap se Kogelberg-biosfeerreservaat kan jy binne tien minute stoksielalleen op enige van dié wildernisplekke wees.

Die hoofrolspelers in die duinteater • Die Kgalagadi-oorgrenspark se rooiduine is gewoonlik kaal, maar ná ’n goeie reënseisoen kan hulle oortrek wees met gras. Oor hierdie duine verskyn die park se wild asof uit die niet. Een oomblik ry jy nog in die skynbaar verlate droë rivierloop van die Auob of die Nossob – en die volgende oomblik tree ’n dier op die “verhoog” voor jou... en die aksie begin! Hier is van ons lesers se mooiste foto’s – blaai na bl. 90 vir verblyfinligting oor die Kgalagadi.

’n Kus vir elke seisoen • Te danke aan die verskillende habitatte bied die Weskus- nasionale park elke seisoen iets unieks... Hier is jou gids om heeljaar lank te kuier.

Nie vir gewoontediere nie • Met netjiese ruskampe, teerpaaie en plek-plek selfoonontvangs kan jy verkeerdelik dink die Kruger is ’n mak plek... Kom beleef die wildtuin op sy wildste op dié vyf avonture, waar jy werklik afwyk van die gebaande weë.

Suid-Afrika se parke en reservate

WES-KAAP

OOS-KAAP

NOORD-KAAP

VRYSTAAT

KWAZULU-NATAL

GAUTENG

NOORDWES

LIMPOPO

MPUMALANGA

BRIEF UIT Dinokeng • Om jouself vir ’n oomblik te kan verdiep in selfs die kleinste natuurtoneel is soms al wat jy nodig het, skryf Toast Coetzer uit die Dinokeng-wildreservaat.

SUID-AFRIKA OP SY BESTE

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg! Wilde plekke 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: May 17, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans