Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Feb/Mar 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

’n Jaar vol belofte

AGTER DIE SKERMS • Die avontuurgids en fotojoernalis Grant Christie het Pretoria sowat ’n jaar gelede vir Hoedspruit verruil. Lees die storie oor sy nuwe tuisdorp op bl. 96.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.

KYK HIER!

KORTLIKS

Die Pienk Karavaan, Namibië

ONS GESELS MET Mitzi Knipe • Mitzi Knipe het vyf jaar gelede saam met haar man, Louis, op ’n lappie grond langs die Anysbergnatuurreservaat naby Laingsburg kom woon. Daar het haar liefde vir bergfietsry in ’n toerismeprojek ontpop – die Klein Karoo Gravel Corridor.

BOEKE EN MUSIEK

ONTMOET DIE SKRYWER • In Honey Mountain delf Geoffrey D Tribe, ’n afgetrede entomoloog, diep in die geskiedenis, geografie, fauna en flora van die Heuningberg in die Swartland. Hy fokus veral op die Kaapse heuningbye wat aan hierdie twee prominente heuwels hulle naam gegee het.

Om ’n middelkind te wees • Kinders kan soms versinsels vir soetkoek opeet, maar die middelkind Vania Jooste het haar baiekeer met ’n slap riem laat vang.

Laat die Berg jou betower • Of jy tot hoog bo in die wolke wil klim, of stewig op die grond met ’n koue glas witwyn vir die mooi pieke wil sit en staar... die Drakensberg bied iets vir elkeen. Maar hoe kies ’n mens uit dié streek se magdom blyplekke en doendinge? Ses kenners deel hulle gunstelinge.

Juwele teen die Diamantkus • Die stuk Weskus van Hondeklipbaai tot by Alexanderbaai is bekend vir diamante. Maar as jy stadig hierlangs ry, ontdek jy dié omgewing se ware rykdom. Jy moet fyn kyk, want hulle is yl gesaai tussen die blink klippies. Ware juwele. Egte mense.

Stil, stiller, Karoo • In ’n voertuig rol 100 km sommer gou verby in die Groot-Karoo, maar stel jou voor jy stáp die afstand...Kom kry ’n oordosis stilte op die vier dae lange Heuningland-slenterroete naby Beaufort-Wes.

MENSE SE LENSE • Stuur jou beste reis- en natuurfoto’s na menseselense@weg.co.za – dalk bespreek Toast Coetzer jóú foto hier!

Sonlig, stof en duine

G’n dowe neute • Neute is duur, maar net ’n handjievol hier of ’n skeppie daar kan ’n gereg in ’n japtrap in ’n luukse lekkerte omskep.

Mik vir die spits • Ford het met sy splinternuwe sewesitplek-Everest-sportnutsvoertuig sy ongekunstelde benadering laat vaar om verby sy tradisionele mededingers na die sterre te reik. Die nuwe motor is mooier, groter en in alle opsigte veel beter... maar ook heelwat duurder.

Pak slimmer & reis lekkerder • Dis ’n resep vir chaos (en onmin in die huwelik) as jy voor ’n reis bloot goed in ’n tas en motor inboender... Later word alles op sy kop gekeer op soek na jou flits of die Panado’s. Om netjies te pak is ’n kuns wat jy eenvoudig móét aanleer. Hier is 9 stukke toerusting wat jou reise soveel makliker sal maak.

STAP SAAM Koel af in ’n kloof • Die Duiwelskloofroete is so mooi soos ’n engel... Dis nou as jy nié van ’n rotsblok afduiwel nie.

BLY HIER VOOR DEN BERG, MCGREGOR

Die beste van Botswana, Namibië én die Victoriawaterval • Kom saam op die reis van ’n leeftyd. Bhejane 4x4 Adventures sorg dat jou tent opgeslaan is én aandete oor die kole sis!

’n Hangplek vir jou hoed • Van ’n...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Feb/Mar 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: January 27, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans