Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

April/May 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Trefferlyste

AGTER DIE SKERMS

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS

GROOT GETALLE

Die studie van geheimsinnige katte: Deel 2

STERREWEG

Klim in, ons ry Andes toe! • Om ’n deel van die antieke Inka-staproete al op die ruggraat van die Andesgebergte langs te beleef was nog altyd op Nick Dall se wenslysie. Maar eers moes hy die roete se beginpunt haal...

BOEKE EN MUSIEK

Die Noord-Kaap maak heel • Genevieve Maasdorp, Sanparke se streekskommunikasiebestuurder, het net een wens vir besoekers: Om ten minste een keer te ervaar hoe goed die Noord-Kaap jou laat voel.

Oor grense heen • Die Lebomboberg vorm die ruggraat van ’n reuseoorgrensbewaringsgebied wat van Suid-Afrika deur eSwatini tot by Mosambiek se kus strek. Hier is woude, watervalle, berge, valleie, vleilande én see. En hier’s volop diere, voëls en visse. Trouens, hier’s byna alles in oorvloed, behalwe ander toeriste.

DIE TREIN GAAN VERTREK! • Wanneer laas het jy iewers in Suid-Afrika op ’n trein gery? Metrorail se Suidelike Lyn van Kaapstad na Vishoek is onlangs opgeknap; Nou kan jy die “Diep Suide” se dorpies al om die rand van Valsbaai op die outydse manier besoek! Hier’s jou gids tot stilhouplekke langs die spoor.

Onder die radar • Tydens die Tweede Wêreldoorlog is verskeie radarstasies al langs Suid-Afrika se kus opgerig. Dié verafgeleë stasies hoog teen berghange is meestal deur vroueradar- en -artillerie-operateurs bestuur. Tog weet min mense van dié onontbeerlike rol wat vrouesoldate gespeel het. Die fotojoernalis Jac Kritzinger bekyk hierdie stil stuk geskiedenis.

MENSE SE LENSE • Moenie net “oe” en “aa” nie – stuur vandág nog jou foto’s na menseselense@weg.co.za en dalk bespreek Toast Coetzer jóúne op hierdie bladsye!

Die mense het gepraat

Laat waai met 'n braai! • Hierdie spyskaart is verspotmaklik en perfek vir ’n liplekker kuier om die kole.

Taai gebore… en so gelaat staan • Toyota se Land Cruiser 70 is ’n ouskool kanniedood, ’n rateltaai 4x4 wat oor vier dekades heen een van die land se mees geliefde voertuie geword het. Dis ’n handrat-V8-wenresep waaraan Toyota nog nooit eintlik getorring het nie... tot nou toe.

Kyk ver die veld in • As jy lief is vir die buitelug, behoort ’n veeldoelige verkyker waarmee jy ’n leeu in lang gras, die suikerbekkie in jou voortuin of die dolfyn agter die branders kan dophou, boaan jou toerustinglys.

STAP SAAM • Beef en sweef in die Oorlogskloof

BLY HIER • KHOISAN KAROO CONSERVANCY, HANOVER

Met die Klein-Karoo getoor • Lank voordat jy Ladismith langs die R62 in die Klein-Karoo binnery, sien jy die bekende Towerkoppiek, en daar’s vele stories waar dié piek se naam vandaan kom. Nadat sy op haar ma en ouma se voetspore teruggereis het, is Marchelle van Zyl seker van een ding: Dié dorpie in die skadu van die Klein-Swartberg het haar opnuut betower.

Die diere is wíld in Noord-Botswana! • Bhejane se jongste avontuurreis na Botswana sluit ’n paar nuwe hoogtepunte...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: April/May 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: March 22, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans