Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Oct/Nov 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

’n Klop op die skouer

AGTER DIE SKERMS • Le Roux van Schalkwyk, ’n fotojoernalis van Windhoek, besoek vir die eerste keer Botswana. Die land het hom oorrompel, en dis beslis nie sy laaste besoek nie! Lees sy storie op bl. 44.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS

STERREWEG

LUIPERDLESSE

Toe die oervis byt... • As daar een ding is wat dr. Rob Gess opgewonde maak, is dit oervisse. Ontmoet Suid-Afrika se voorste navorser van kreature wat rondom 360 miljoen jaar gelede in die Oos-Kaap gewoon het.

BOEKE EN MUSIEK

Ek bestel liefs ’n Uber, dankie • Dis senutergend om te leer motor bestuur. Abigail George onthou hoe sy aan die diep kant van Gqeberha se besige strate ingegooi is.

Oos, wes, tuis bes • Elke dorp en stad in Suid-Afrika bied iets moois. Hier vertel sewe skrywers waar hulle wortels diep lê.

Kamp van Kubu tot Kasane • Waar in die wêreld kan jy ’n olifanttrop uit die lug soos spikkels oor ’n landskap sien stap, hulle uit ’n mokoro van nader beskou én uit jou kampstoel sit en kyk hoe hulle wei? Pak jou toksak en ry saam op ’n wilde draai deur onder meer die Chobe- nasionale park in die noorde van Botswana!

Bly warm in die Koue Bokkeveld • Die Middelbergpas is die hoogtepunt van die R303 tussen Ceres en Citrusdal. En wie weet, dalk lê en wag jou volgende langnaweek by een van die weggesteekte blyplekke langs dié stil agterpad.

MENSE SE LENSE • “Jislaaik, dis ’n mooi foto, jy móét dit vir Weg stuur!” Wanneer jou vriend dít vir jou sê, bedoel hy jy moet dit vir Toast Coetzer e-pos na menseselense@weg.co.za – dalk verskyn jou foto op dié blaaie!

Diepe waters

Smul aan 'n noenontbyt • Oor ’n naweek is ’n luilekker laatoggendkuier heerlik! En hierdie maklike resepte laat selfs die kok toe om nog ’n rukkie langer te lê.

Die Suidelike Alpe se Everests • Hoog in die sneeubedekte berge van Nieu-Seeland se Suid-Eiland, bitterver van die res van die wêreld, is ’n unieke voertuigtoetsfasiliteit. Tussen Junie en September wanneer die Noordelike Halfrond hittegolwe trotseer, is dit die enigste plek op aarde waar motor- en bandevervaardigers nuwe produkte in die sneeu en op ys kan beproef. Pierre Steyn het hier ’n rits nuwe Ford Rangers en Everests gaan ry, en is (ietwat teësinnig) uitgeboul deur die beeldskone land en sy mense.

Local ís lekker (en duursaam) • Die Weg-span koop plaaslik waar ons kan, veral wat reis- en buitelewetoerusting betref. Nie net is dié wêreldklas produkte nommerpas vir ons toestande nie, maar elke klein Suid-Afrikaanse entrepreneur skep werk vir tientalle ander landgenote. Hier is van ons gunsteling- local goeters.

STAP SAAM Van kremetart tot kremetart • Doer in die Bosveld, digby die dorpie Marnitz, kan jy op die Baobab to Baobab Trail 23 kremetarte met die hand groet.

BLY HIER

Kom maak vriende op St. Francisbaai • Van die Krommerivier tot by die Seal Point-vuurtoring in die Oos-Kaap lê ’n baai uit dankbaarheid genoem na St. Franciskus van...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Oct/Nov 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: September 29, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans