Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg! Botswana 2023/24
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Uit die boskantoor

Weg!

BY DIE GRENS

KYK HIER

Briewe uit Botswana • Oor ’n leeftyd van vier dekades kruis die Serowe-boorling Leanne Rencken gedurig paaie met haar oupa en ouma.

ANGOLA NOORDELIKE BOTSWANA

’n Land van oorvloed • Besoeke aan wilde plekke is opwindend, en ook ’n tikkie stresvol... Maar op ’n begeleide toer sorg Bhejane 4x4 Adventures dat jy nét die opwinding ervaar. Die Trans-Botswana-toer neem jou na al die bekende bakens soos die Kubu-eiland, die Tsodilo-heuwels, die Okavangopypsteel en die Chobe- nasionale park. Jy gaan draai selfs by die Victoria-waterval in Zimbabwe! Sonder dat jy oor ’n enkele bespreking of roetekaart hoef kop te krap.

Plat op die aarde • Op die vrugbare vlaktes van Pandamatenga het verskeie Suid-Afrikaanse boere oor die afgelope dekades heen kom wortelskiet. Dit was nie altyd maklik nie, maar dié wat hier vasgebyt het, sal dit vir geen ander plek verruil nie.

Gweta se geheime • Gweta, geleë langs die A3 tussen Nata en Maun, is ’n belangrike dorpie – veral as jou brandstofliggie begin flikker! Maar verbyryers gaan heelwat misloop, want hier is iets van als – of jy nou wil voëlskyk, ’n meerkat wil ontmoet of sommer net die verbleikte gelyktes van die nabygeleë Ntwetwepan wil ervaar.

Olifante in die Kalahari! • Op ’n landkaart lyk die Khutse-wildreservaat soos die piepklein passasierskajuit onder die massiewe Zeppelin-ballon van die Sentraal-Kalahari-wildreservaat. Maar Khutse is maklik bereikbaar uit Suid-Afrika en ’n uitmuntende bestemming in eie reg. Hier’s jou gids.

Só onthou ek Savuti • Die Savuti-deel van die Chobe- nasionale park staan bont van die diere. Die bekende bewaringsgesinde, skrywer en natuurlewekunstenaar Clive Walker het in die laat jare 1970’s en 1980’s menige aangename week hier deurgebring. Blaai saam deur van sy gunsteling-herinneringe.

’n Goeie dosis delta • Waar die Okavangodelta se watervingers die Moremi-wildreservaat se diereryk ontmoet, word fotografiekuns moontlik.

In Waterleliestraat • Het jy geweet jy kan op ’n mokorovaart van naby Maun af vir ’n nag in die Okavangodelta kamp, sommer net so onder ’n boom? En dat jy die volgende oggend ’n draai in die veld kan gaan stap en dalk olifante teëkom? En, nee, jy hoef nie by ’n duur lodge aan te meld vir dié sonderlinge voorreg nie...

Panne vol karakter • Kubu-eiland met sy kremetartbome is waarskynlik die bekendste bestemming op die Makgadikgadipanne, maar was jy al by die dorpie Mosu aan die suide van die Sowa-pan? Hier sien jy ou klipruïnes op die Kaitshe-platorand, eens die oewer van ’n magtige meer.

Sit aan in Kasane • Om heeldag na gapende leeus in die nabye Chobenasionale park te kyk maak ’n ou honger – hier is vier lekker eetplekke op die safaridorp Kasane.

HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK

BLYPLEKKE • As jy vakansie in Botswana wil hou, gaan jy vér ry en ’n goeie plek om te oornag is noodsaaklik ná ’n lang dag op die pad. Ons joernaliste beveel hierdie plekke in Botswana en langs sy grense aan. Tensy anders vermeld, is die tariewe in hierdie gids vir 2024 – gebruik dit as ’n riglyn en bel altyd die blyplek vooraf om seker te maak hoeveel dit gaan kos.

SUID-BOTSWANA

SENTRAAL-BOTSWANA

NOORD-BOTSWANA

NAMIBIË,...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg! Botswana 2023/24

OverDrive Magazine

  • Release date: November 1, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans