Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

June/july 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Klim op Afrika se dak

AGTER DIE SKERMS

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V&A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS

Om terug te gee • Duncan McKenzie word gereken as een van die voorste voëlkenners in die land. Hy sit met gemak op ’n veelvoud van stoele, maar tog is hy op sy gelukkigste doer in die veld terwyl hy ander touwys maak.

BOEKE EN MUSIEK

Die Bloudraad-Kewer • Wanneer jou Volkswagen Kewer iewers in die Baviaanskloof begin moeilikheid gee, dan is planmaak jou voorland, skryf Deon Strydom.

Die bergkoninkryk se beste • Jy hoef nie ’n 4x4 te hê om Lesotho te verken nie – selfs nie eens in die winter nie. Hou net op die teerpaaie en ryg die land se hoogtepunte binne ’n week in.

Stellenbosch se geheime vallei • Die Dwarsriviervallei lê alkant van die R310 tussen Stellenbosch en Franschhoek. Besoekers woerts hier verby op pad na wynplase, min wetend dat hier al generasies lank gemeenskappe met ’n ryk geskiedenis woon. Draai af, en ontmoet die mense van Kylemore, Johannesdal en Pniël.

Trap ánderkant die Baviaans • Die Baviaans strek veel wyer as net die bekende kloof. Noord van die kloof, knus tussen die Baviaanskloof-, Groot-Winterhoek- en Grootrivierberg lê ’n netwerk grondpaaie wat smeek om verken te word... veral op ’n fiets.

MENSE SE LENSE • Is jy die een in die kar wat altyd vra dat daar gestop word sodat jy foto’s kan neem? Stuur jou mooiste foto vir Toast Coetzer by menseselense@weg.co.za en jy sien dit dalk hier!

Jan Publiek het gestem

Sitrus vir smaak • ’n Skeut vars sap, ’n skilletjie of ’n skyfie sitrus kan hope geur aan ’n winterdis gee. Só benut jy die seisoen se lemoene, suurlemoene en lemmetjies in die kombuis.

Kloongeveg • Wanneer Suzuki – ’n parmantige aanspraakmaker – en Toyota – die lank heersende swaargewigkampioen in die Suid-Afrikaanse motorbedryf – dieselfde motor in dieselfde week bekend stel, is dit lekker om ’n sitplek digby die bokskryt te hê.

Koop plaaslik én groener! • Teen dié tyd weet almal plastiek en te veel stuff laat moederaarde swaar trek. Maar, hou moed, daar ís oplossings... Kyk net na dié innoverende katoeters en klere.

STAP SAAM! • Kruip weg by Kranskloof.

BLY HIER • LAPAMANTI GUEST COTTAGES, LYDENBURG

’n Paradys in Pondoland • Kom verken die ongerepte skoonheid van die Oos-Kaapse kus saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures.

Mense van die veld & lug • Porterville aan die voet van die Olifantsrivierberg is ’n Swartlandse dorpie sonder fieterjasies. Hier leef kunstenaars hulleself uit, trek boere saam, vaar stappers die wildernis in en geniet valskermswewers die lugstrome.

MY HEERLIKE GAP-JAAR

Die woudpapegaai • BirdLife SA se Voël van die Jaar is die bedreigde woudpapegaai. Daar is net tussen 1 000 en 2 000 van hulle oor! Maar jý kan help om dié mooi papegaaitjies te beskerm.

MET MY EIE OË

Die pikkewyn se koninkryk • “Suid-Georgië-eiland”beteken nie veel totdat jy dit die dag sién nie... Daarna sal jy dit nooit, ooit...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: June/july 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: May 26, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans