Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Feb/Mar 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Wilde mense, plekke en wense

AGTER DIE SKERMS

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

KORTLIKS • SAAMGESTEL DEUR KYRA TARR

STERREWEG

LUIPERDLESSE Die studie van geheimsinnige katte – Deel 1

Die terapie van ’n park • Die wonderlikste plekke in ’n stad is sy parke, skryf Dara Kell. Hier kan ’n mens dieper asemhaal, ontspan en ’n slag weer onthou wat onlosmaaklik deel is van die skepping.

BOEKE EN MUSIEK

’n Lewe deur verkykers • Hugh Chittenden is een van die skrywers van die Roberts-voëlgids en een van Suid-Afrika se bekendste voëlkenners. Tog is Hugh nie ’n opgeleide ornitoloog nie; alles wat hy weet, is danksy lang ure se waarnemings in die veld deur verkyker-oë...

Die Kalahari onthou • Die uitgestrekte Kalahariwoestyn met sy kameeldoringbome kan een van die mooiste plekke op aarde wees, maar dit kan ook droog en hard wees. Willem van der Berg gaan op ‘n bittersoet reis deur hierdie landskap van hartseer én hoop.

Ses uit ses! • ’n Selfsorghuisie in die Tankwa, ’n gasteplaas in die Drakensberg of kampplek langs die Oranjerivier... Trek ’n kalender nader en beplan jou jaar se wegbreke sommer nou! Hier is ses van Toast Coetzer se gunsteling-plekke.

Laat die berge jou betower • Die Drakensberg het g’n tekort aan steil passe, duiseligwekkende pieke en uitsigte wat jou tot stilte dwing nie. En van die mooistes hiervan lê tussen Mweni en Cathedralpiek. Maar of jy hulle te siene gaan kry...Wel, dit hang af van die berg se bui.

MENSE SE LENSE • ’n Nuwe jaar van fotografie-avonture lê oop voor jou! Stuur jou beste foto’s na menseselense@weg.co.za en dalk sê Toast Coetzer sy sê oor jóú skoot op hierdie blaaie.

’n Kykie na dieremaniere

Soet en sapping! • Geniet die oorvloed somervrugte wat nou in seisoen is en kook met perskes, pruime en appelkose!

Jimny gaan gym toe • Die kortgat-driedeur-Suzuki Jimny is nie net ougat nie, maar dis een van die gedugste (dog goedkoopste) 4x4-veldryers wat ’n mens kan koop. Nou is daar ’n nuwe vyfdeur-Jimny vir diegene wat ’n meer praktiese weergawe van dié ikoniese motor soek.

Sonvangers • Somer is die tyd om buite te baljaar, maar die ongenaakbare Suid-Afrikaanse son gaan jou looi as jy nie voorsorg tref met slim produkte soos dié nie.

STAP SAAM • Stap die Otter in die kleine

THE TIPSY HORNBILL, MTUNZINI

Na waters waar rus is • Op die Panoramaroete in Mpumalanga lê ’n bosboudorpie omring deur berge, bome en water. Sabie beteken “om bang te wees”, maar op dié dorp en sy gelyknamige rivier wag daar vrede (en forelle).

En die Voël van die Jaar is... • ...die mooie berghaan! BirdLife South Africa het dié arend met sy kleurryke veredos as 2024 se Voël van die Jaar gekies. Hierdie voëlsoort is bedreig en daar is minder as 1 500 van hulle in ons land oor. Kom ons bekyk die berghaan van nader.

VAN MARGATE TOT VOËLSOEK

MET MY EIE OË • Toe Tony Edmunds van Windhoek sien dat ’n broeipaar paradysvlieëvangers in sy tuin nesbou, het...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Feb/Mar 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: January 26, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans