Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Apr/May 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Anderkant die stadsligte

AGTER DIE SKERMS • Toast Coetzer het in Oktober en November 2022 na Antarktika gereis. Lees deel een van sy Reisjoernaal op bl. 120.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

KORTLIKS

STERREWEG

Hang uit by Hangklip

LUIPERDLESSE

‘Die een wat kennis versamel’ • Die bos is die beste leermeester, sê Moji Kitsi. Kom stap saam met dié inspirerende omgewingsopvoeder deur die veld in die Waterberg.

BOEKE EN MUSIEK

’n Vakansie vir een • ‘n Wegbreek op jou eentjie is net wat jy nodig het om die lewe weer vars in die oë te kan kyk, skryf Puno Selesho.

Verken die Kruger van kop tot toon • Om ’n vakansie in die Kruger te beplan is ’n uitdagende taak. Dié park is groter as lande soos Mauritius, Lebanon en die Bahamaeilande! Dié tien dae lange reisplan sluit in al die hoogtepunte – al wat jy moet doen, is bespreek.

Al langs die Long Tom-pas • Toentertyd het mense te voet en later met ossewaens oor die Long Tom-pas tussen Lydenburg (Mashishing) en Sabie gesukkel op pad na Maputo. Vandag is dié eertydse handelsroete ’n luilekker pad waarlangs ’n mens la-a-ank wil vertoef.

Die Okavango se mense • Die dorpie Shakawe lê op die oewer van Botswana se Okavangorivier daar waar dit ’n wye pypsteel maak voordat dit in die delta uitwaaier. Vir vakansiegangers beloof dit tiervis, die roep van ’n visarend en wakkerword tussen knoppiesdoringbome – maar wie is die mense wat hier woon?

MENSE SE LENSE • ’n Wurm op ’n blaar of ’n luiperd in ’n boom – Toast Coetzer kyk na albei foto’s met dieselfde oog. Stuur jou foto’s na menseselense@weg.co.za vir oorweging.

Die groot koors! • Dis byna weer daardie tyd van die jaar wanneer miljoene sardientjies hulle opwagting aan die Wildekus maak. Dis omtrent ’n gedoente wanneer seevoëls, dolfyne, walvisse en haaie dié skole vissies agternasit. Kom kyk!

Slim pampoen! • In die herfs is pampoen – in al sy gedaantes! – beslis die seisoen se kampioen. Dis bekostigbaar, vullend, veeldoelig en altyd mooi in ’n dis.

Heelpad grondpad • Gegewe Suid-Afrikaners se buiteleweleefstyl en die feit dat slaggate op ons paaie deesdae soos hasies op ’n wittebroodsreis aanteel, maak ’n robuuste sportnutsvoertuig of ’n dubbelkajuitbakkie meer sin as ’n lang, slap sedanmotor. Hier is drie opsies vir elke beursie.

Slaapsakke wat pas • Daai “4 vir die prys van 1-special” by die Hypermarket was dalk goed genoeg toe Ma die hele kroos met slaapsakke moes toerus vir die skoolkamp, maar goedkoop is duur- én domkoop as jy bibberend hoog bo in die Winterhoekberg lê of sopnat gesweet en slapeloos in die Richtersveld rondrol. Die regte slaapsak vir die regte uitstappie en temperatuur is noodsaaklik – hier is ’n paar slaapsakke waarvan ons hou.

35 JAAR EN STEWIG IN DIE SAAL • Suid-Afrika se enigste plaaslike vervaardiger van kampeeryskaste, batterybestuur-stelsels en 12V-beligtingstoerusting vier vanjaar 35 jaar in die bedryf.

BLY HIER • MOON RIVER BUSH CAMP, SEDERBERG

STAP SAAM! Mooie De Mond! • Die Sterna-sirkelroete in die De Mond-natuurreservaat is vir almal! Dis kort (5,5 km), meestal plat, en gaan jou (de) mond laat...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 196 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Apr/May 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: March 24, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans