Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Reisgids 2022/23
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

BRIEF VAN DIE REDAKTEURS

Weg Botswana kaartgids

BY DIE GRENS

Van kindsbeen af op Khama • Die Khama Rhino Sanctuary is een van Botswana se spesiale plekke – Leanne Rencken het langsaan in Serowe grootgeword en vele van haar verjaardae daar deurgebring.

NOORDELIKE BOTSWANA

SUIDELIKE BOTSWANA

Donderweer en dors leeus • Anders as visvangstories is stories oor ontmoetings met gróót katte in Mabuasehube meestal waar. Vic Ives verken die Kgalagadioorgrenspark, reën goed nat én kry ’n leeuwyfie in sy kamp.

KGALAGADI-OORGRENSPARK (MABUASEHUBE-DEEL)

Die laaste veerboot na Seronga • Het jy geweet jy kan “oorsee”gaan in Botswana? Ja, jy moet net weet watter veerboot om te haal…

Henry Kangootui Bestuurder, Jumbo Junction

Charlie Katsch Eienaar, Carmine Rivercamp

Greg en Sue Flaxman Bestuurders, Kadizora Camp

Vir’n perfekte voëlfoto • Die Chobe-nasionale park bied uitstekende voëlfotogeleenthede – of jy nou op ’n bootrit is of in ’n voertuig ry. Drie fotograwe van Pangolin Photo Safaris in Kasane deel van hulle beste voëlfoto’s en wenke hoe jy ook sulke skote kan neem.

Dumela, Sentraal! • Die Sentraal-Kalahari-wildreservaat is een van Afrika se mees afgesonderde en wildste parke. Op ’n toer saam met Bhejane 4x4 Adventures kan jy konsentreer op wildkyk, foto’s neem en ontspan – die res is iemand anders se verantwoordelikheid!

WAT SÊ DIE MENSE?

SENTRAAL-KALAHARI-WILDRESERVAAT • Hierdie enorme reservaat bied van Botswana se beste wilderniservarings. Jy moet vir jouself kan sorg: Neem genoeg kos, water en brandstof saam. Slegs 4x4-voertuie, en ry verkieslik in ’n klein konvooi. Paaie is erg sanderig en soms modderig in die reënseisoen. Toegangstarief: P190 (R255) p.p. en P75 (R101) per kar per dag.

Maak Maun mak • Maun het verskeie gesigte, nes die nabygeleë waters van die Okavangodelta. Hier is Fiona McIntosh se gids tot die dorp: Waar om die plaaslike kultuur te ervaar, die beste benedicteiers te eet en die lekkerste sider in die delta te proe.

EET & DRINK HIER

MAUN • Hierdie dorp lê uitgestrek langs die Thamalakanerivier en die meeste van die oornagplekke is buite die sakekern. Gebruik hierdie kaart om jou weg te vind in die middedorp.

Ontmoet die fixer van die delta • Indien jy iewers in die middel van Moremi met ’n stukkende bakkie gaan staan, is Louis Milne die man om te bel as jy ’n satellietfoon het.

Trap-trap deur Botswana • Die avontuurlustige joernalis en fietsryer Cally Silberbauer ry van Kaapstad na Kilimandjaro, maar dis Botswana wat haar hart steel.

Tente, Caprivi, aksie! • Wanneer jy in Botswana vakansie hou, is dit wys om ook ’n Namibiese draai aan te las – vernaam die Kavango-Oos-en Zambesistreek, voorheen bekend as die Caprivi. Hier kan jy óp die oewer van wilde riviere soos die Kavango en Kwando kamp opslaan.

Steeds tuis by die groot gedruis • Of jy nou na Vic Falls vlieg vir ’n vinnige wegbreek of padlangs reis uit Kasane in Botswana… die “Rook wat Donder” stel eenvoudig nooit teleur nie. Fiona McIntosh gaan draai ná 15 jaar by haar ou speelplek.

VICTORIAWATERVAL • Toegang tot die waterval van Zimbabwe sowel as Zambië se kant kos US$20 (R346) per volwassene en US$10 (R173) per kind jonger as...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Reisgids 2022/23

OverDrive Magazine

  • Release date: October 25, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans