Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg! Karoo 2023
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

TOAST AAN DIE WOORD

Weg!

KYK HIER!

Terug hartland toe • Wanneer die lewe en sy dinge net te lastig raak, ry Sophia van Taak Karoo toe, skakel alles met skerms af en sien weer dié dinge raak wat regtig vir haar saakmaak.

Die onthoupad • Paaie is swaar gelaai met stories. Op die Vergete Grootpad tussen die Kaap en Kuruman is daar genoeg tyd en ruimte om alles weer ’n slag te onthou.

Klein maar wýd • Die Klein-Karoo is een van Suid-Afrika se beste selfry-bestemmings, want die R62-teerpad verbind die meeste van die dorpe. Dié vyf blyplekke is die perfekte basis om Barrydale, Vanwyksdorp, Calitzdorp, Oudtshoorn en Uniondale te verken. Jy kan maklik van die een plek na die volgende toer en sodoende die Klein-Karoo van wes na oos (of andersom) deurtoer!

’n Dorp lig sy kop • Hofmeyr in die Oos-Kaap wen gaandeweg sy stryd teen plattelandse armoede danksy die inisiatief, ondersteuning en geloof van ’n paar van dié dorp se raakvatters.

Bewaker van die allesgewende ‘niks’ • Sue Milton-Dean bestuur die Renu-Karoo- inheemse kwekery op Prins Albert en lei velduitstappies na die Wolwekraal-natuurreservaat om mense meer oor die brose skoonheid van die Karoo te leer.

Sewe sagte lêplekkies in die Hardemanskaroo • ’n Mens kan stry oor hoe en waar die “Karoo” se grense loop, maar as jy wil seker maak jy is régtig in die Karoo, gaan jy na die Hardemans toe. Hier is deesdae ’n paar lekker selfsorgplekke en kampplekke waar jy saans sag kan rus op dié harde stuk aarde.

In die land van die leeus • Op Heuningland se vier dae lange Karoo Experience-toer verken ’n mens spesiale hoekies van Beaufort-Wes se Karoo- nasionale park (en sien dalk ’n leeu...), asook private plase waar fossiele van desjare se “dassies” lê en wag om ontdek te word. Die bonus? Jy kry kans om daai 4x4 van jou se bene te rek!

Die ‘kwaai tannie’ op die fiets • Gaan saam met Marchelle van Zyl op ’n tweewieltoer deur Montagu en leer meer oor die geskiedenis, kuns én ’n paar interessante karakters se bydrae tot dié mooi Klein-Karoo-dorp.

Ruimtereis • Op hierdie toer deur die distrikte van Hanover, Murraysburg, Nieu-Bethesda en Graaff-Reinet ontmoet jy mense wat die Karoo se ruimtes in hulle binnestes laat kom lê het. Die bevoorregtes onder hulle is só gebore terwyl ander dit eers later in die lewe ontdek het. Padlangs wonder Toast Coetzer: Wat ís die Karoo?

101 Karootreffers • Padstalle • Agterpaaie Blyplekke • Doendinge

Die diere is wild in Noord-Botswana! • Bhejane se jongste avontuurreis na Botswana sluit ’n paar nuwe hoogtepunte in, asook ou gunstelinge. Kom ervaar die reis van ’n leeftyd én van Afrika se wildste plekke.

BRIEF UIT Cradock • Cradock het deesdae ’n nuwe naam, Nxuba. Name verander saam met die tye, maar Clinton V. du Plessis skryf dat die Oos-Kaap se Karoo steeds sy hart besit.

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weg! Karoo 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: September 1, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans