Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 34
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

‘n Soeke na KALMTE

Avontuur Afrika

Briewe van ons lesers

Goeters & geite

Toyota hou ons strande skoon

Ford ondersteun aasvoëlbewaring

‘n Groot mylpaal vir Jeep

Eksklusiewe nuwe lodge in Masai Mara

Afrika Odyssey-ekspedisie vorder flink

‘n Ware huis op wiele

Gaan GROOT • Veeldoelvoertuig of oorkruisvoertuig? Die nuwe Suzuki XL6 is ‘n mense-karweier in sy eie klas. Die XL6, wat bo die bekende Ertiga 7-sitplek in Suzuki se produkreeks inpas, kombineer gerief en doeltreffende werkverrigting met praktiese bruikbaarheid en styl. Volgens ANTON WILLEMSE is dit die ideale voertuig vir die moderne gesin en is dit boonop ook lekker om te bestuur.

BOTS, bakkies en Bok! • Afrikaners is duidelik gek oor heelparty dinge wat met die letter ‘B’ begin… Botswana, bakkies, braai, biltong en Bok van Blerk. Om hierdie B’s bymekaar te bring, het die Avontuur Afrika-span besluit om ‘n toer na die OppiPanne musiekfees – wat vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar op die Makgadikgadi-panne plaasgevind het – aanmekaar te slaan. Een van ons lesers, ESTER VAN ZYL, deel haar ervaring.

Ons ryding: HILUX RAIDER X

‘n BunduTec vir die boendoes

Sit dit bo-op!

Vier keer die pret!

Flits-flits IN DIE rekordboeke in • Wat het 787 Jimny-eienaars in gemeen, behalwe om deel te wees van ‘n amper kultusagtige gemeenskap gevul met ontsaglike trots en onwrikbare respek vir hul rygoed? Wel, hulle is almal ‘Officially Amazing’ as Guinness-wêreldrekordhouers. MARY en ANTON WILLEMSE het tydens die Erfenisdag-langnaweek by honderde Jimny eienaars in Clarens in die Oos-Vrystaat aangesluit om alles wat Jimny is, te vier.

Tussen niks en nêrens • In die laaste deel van sy reis na die Tibesti-berge van Tsjad, reis GRAHAME MCLEOD en sy mede-avonturiers terug na die land se hoofstad, N’Djamena. Op pad geniet hulle die gerief om by die magdom oorlaaide vragmotors hul brandstof aan te vul.

Sondag plesiertjies • Ter viering van Kia se 25ste bestaansjaar in Suid-Afrika neem ANTON WILLEMSE hul oulike oorkruisvoertuig, die Sonet, op ‘n daguitstappie na Hartbeespoort saam met sy dogters.

Ons ryding Kia Sonet 1.5 LX

Kia vier 25 jaar in Suid-Afrika

Vat die pad met Kia • 25 gunsteling daguitstappie-bestemmings

Die wonders VAN DIE pêrel van Afrika • DEO en SIMONÉ DU PLESSIS leef op die oomblik werklik hul (en waarskynlike menige ander landreisigers) se droom uit. Hulle reis met Baloo, hulle getroue 2020 Toyota Land Cruiser 79, deur Afrika se mees gesogte toeristebestemmings. ‘n Hoogtepunt op hul uitgestrekte avontuur was ongetwyfeld Uganda. Hulle deel hul ervaring.

Reisgids

Ontmoet die deelnemers • Na maande se voorbereiding en beplanning is ons verheug om die deelnemers aan ons omvattende toets van alle-terrein bande bekend te maak. In komende uitgawes sal ons in meer diepte na die uitslae van die toets kyk, om sodoende vir ons lesers die mees onlangse en akkurate inligting te gee wanneer dit kom by die keuse van rubber vir jou ryding kom.

Kluitklap-lys voëls • “Die teenwoordigheid van ‘n enkele voël kan alles verander vir iemand wat dit waardeer.” Hierdie aanhaling deur die Amerikaanse skrywer en bioloog, Julie Zickefoose, vat alles wat voëlkyk aanbetref mooi saam – veral vir ywerige voëlkykers wat daardie eens-in-‘n-leeftyd waarnemings wil afmerk. ANDREW DE BLOCQ, die Avitourism projekbestuurder by BirdLife South Africa, bespreek twee besonderse kluitklap-lys voëls.

Verleidelik en beeldskoon • Daar is iets magies omtrent Namibië se kampplekke. Hulle...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 34

OverDrive Magazine

  • Release date: October 20, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans