Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 18 (Apr 2022)
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Avontuur Afrika

WELKOM

Gesels>> SAAM

IN DIE NUUS

’nDeflige nuwe baadije vir Isuzu • Ten spyte van voortdurende vertragings rondom die bekendstelling van sy sewende generasie, het Isuzu se D-MAX steeds daarin geslaag om sy plaaslike verkoopsukses te handhaaf en het gereeld ‘n sterk derde plek in die plaaslike bakkie verkope behaal. Sal die bekendstelling van die splinternuwe D-MAX – wat reeds internasionale erkenning ontvang het as Australië se beste dubbelkajuit van 2021 sowel as die 2021 bestuurdersmotor van die jaar– ‘n opskudding op die verkoopspodium veroorsaak? Anton Willemse Sr het die nuwe bakkie, wat trots in Suid-Afrika gebou word na ‘n R1.2-miljard belegging deur die Japannese handelsmerk, bestuur.

Die anders spelers

Goeters & geite

Dis ‘n Land Rover ding • Jules Mornau was mal oor elke oomblik van haar eerste Bush Run saam met mede-Land Rover-entoesiaste.

Oor 3 Provinsies 4x4 Avonture

Tanzanië - enige landreisiger se droom • Tanzanië is vir Desiree en Simon Steadman van Ultimate Adventures ‘n definitiewe gunsteling op hul toerkalender. Buiten die ongelooflike natuurskoon en wildbesigtings wat dit bied, is die uitdaging om daar uit te kom vir hulle die ware avontuur.

“Travel in staail” deur die Kruger • Verlede maand het ons ‘n staptog deur die Nasionale Krugerwildtuin geneem en hierdie pragtige natuurskat te voet verken. Vandeesmaand kuier ons aan die luukser kant van die park in ons bos limousine, die Kia Carnival.

Agter die stuur: Ruimte, in oorvloed!

Wanner “slegte” dinge met goeie voertuie gebeur… • “Dis ek. Ek is die slegte ding. My 2010 Porsche Cayenne Diesel is die goeie voertuig. En hier is die storie oor hoe dit gebeur het dat ek bo-op hom begin slaap het,” skryf Calvin Fisher, gesoute motorjoernalis en landreis-groentjie.

Meer oor Go Camp

Moz betower weer • Stuart Queripel was nog altyd gefassineer deur dolfyne en droom al van kindsbeen af om saam met hierdie betowerende seediere te kan swem. Toe hy dus vroeër vanjaar die geleentheid kry om Mosambiek te besoek en dié droom te bewaarheid, kon niks hom stuit nie.

Swermtog na Marion ‘n Geleentheid van ‘n leeftyd • Anton en Natasha Schutte van Sunset Adventure Travel is lepellys mense. Hulle het al oor die lengte en breedte van hierdie kontinent (en ‘n paar ander) gereis, op soek na avontuur – veral die geveerde soort. Die Swermtog na Marion-ekspedisie na die Suidelike Oseaan-eilande, wat deur BirdLife South Africa aangebied is, was ‘n droom wat vir hulle bewaarheid is.

Stem vir “Flock to Marion” en wen!

Tien uitdagende passe, vyb unitmergelende dae • Trygve Roberts van Mountain Passes South Africa neem ons op die opwindende Ben 10 Eco Uitdaging. Soos die 12 deelnemende voertuie ontdek het is hierdie geen gewone bergpastoer nie.

Weer en weer… molenrivier • Wanneer iemand wie sy brood en botter met kampeer en alles wat daarmee gepaard gaan verdien, sy tentpenne keer op keer by dieselfde plek gaan inslaan, is dit ‘n duidelike bewys dat dié ‘n lekker kampplek is. Rikus Truter van Lekker Kampplekke kuier weer by Molenrivierplaas naby Groot Brakrivier op die beeldskone Tuinroete in die Suid-Kaap.

Doen-dinge naby Groot Brak

Gevlek of gestreep: Alles wait jy moet weet oor skaapstekers • Mense verwar dikwels die gevlekte skaapsteker met die gestreepte skaapsteker of selfs ander sand-en grasslange. Anders as wat die naam aandui, is die kanse dat dié slang ‘n skaap sal doodmaak onwaarskynlik, skryf Johan Marais van die African Snakebite Institute (ASI).

Na-verwerking...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 18 (Apr 2022)

OverDrive Magazine

  • Release date: April 22, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans