Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 15 (Jan 2022)
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Avontuur Afrika

WELKOM

Gesels>> SAAM

Briewe van ons lesers

Heelwat om na uit te sien in 2022 • Baie vervaardigers is die afgelope twee jaar gedwing om die bekendstelling van nuwe voertuie weens die pandemie uit te stel. Ten spyte van hierdie voortdurende vertragings, lyk dit of 2022 ‘n besige en opwindende jaar vir diegene wat in die mark vir ‘n nuwe stel wiele is, gaan wees. Die Avontuur Afrika-span het met verskeie vervaardigers gesels en die internet gefynkam om ons gunsteling opkomende modelle te kies.

Goeters & geite

Die ‘grand’ avontuur • Die bekroonde skrywer Angela N. Blount het eenkeer gesê die mooiste paaie in die lewe is die ompaaie wat jy nie bedoel het om te neem nie. Dit was beslis die geval vir ons span tydens ‘n onlangse avontuur in Mosambiek.

Agter die stuur: Toyota Hilux 4x4 Legend RS

Gereed vir tiere?

Getoets vir jou

Reisgids

Grondpad avontuur in Dullies • Vir baie reisigers is Dullstroom slegs ‘n vinnige pitstop vir ‘n happie om te eet of om deur die winkels in die hoofstraat te snuffel op pad na die Nasionale Krugerwildtuin of elders in Mpumalanga. Tydens ‘n kort kuiertjie in hierdie oulike klein dorpie, het Mary Willemse egter ‘n paar versteekte juwele en doendinge ontdek, wat dit ‘n ideale wegbreek maak wanneer jy voel dat die stad jou versmoor.

Reisgids

Suzuki Vitara Brezza

Ongelo of like Gonarezhou • Vir toergids George van Deventer van Trans Africa Self Drive Adventures and Tours is Zimbabwe een van die mooiste lande in Suider-Afrika. Hy deel sy onlangse avontuur na Gonarezhou, die mees suidelike nasionale park in dié buurland.

Meer oor Trans Africa

Beplanning-die sleutel tot sukses • In die vorige uitgawe het ons aspekte wat dinge makliker maak in die aanloop tot die eerste grenspos gedek. Vandeesmaand gee George van Deventer van Trans Africa Self Drive Adventures and Tours nóg ‘n paar belangrike wenke om jou te help om die meeste van jou landreis-ervaring te maak.

Lang pad deur die groot karoo • Vaal vlaktes. Karoo. Sterre. Wit vlieswolkies wat teen ‘n blouselblou hemel patrone verf. Vyftien dae en bykans 3 000km. Dis ware vryheid, kopskoonmaak en spinnerakke verdryf, skryf Maryke Roberts.

Reisgids

'n Taai een in noordwes • Die Maanhaarrandpas in die Noordwes-provinsie, wat deur Mountain Passes South Africa se lesers as een van die taaistes beskou word, bied ‘n paar interessante kinkels en draaie. Trygve Roberts vertel meer.

Noordwes gunstelinge • Dit is geen geheim dat Suid-Afrikaners so ietwat kamp-mal is nie. Gelukkig is ons bevoorreg om in een van die mooiste lande ter wêreld te woon en uitstekende kampeerterreine in al nege provinsies te hê om uit te span. Rikus Truter van Lekker Kampplekke deel sy gunstelinge in die soms onderskatte Noordwes provinsie.

Lekker-bekkig saam met Lekker Kampplekke

Die gevaarlike, maar rustige boomslang • In die vorige uitgawe het ons bevestig dat die boomslang een van die gevaarlikste groen slange in die natuur is. Byte deur hierdie slange is egter redelik skaars, sê Luke Kemp van die African Snakebite Institute.

Dit is nie binne nie, dit is bo-op! • ‘n Dakrak mag jou dalk baie geld uit die sak jaag, maar dit het ‘n magdom gebruike en is sy waarde in goud werd. Benewens die dra van allerhande items, dien dit onder andere as ‘n monteerraam vir seilafdakke en storthokkies. Anton Willemse Jr het by Tentco gaan inloer om te gesels oor hoe om die meeste uit jou dakrak te kry.

'n Jaar in foto’s • ‘n Nuwe jaar bring oneindige geleenthede om...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 15 (Jan 2022)

OverDrive Magazine

  • Release date: January 21, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans