Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 29
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

WELKON • Hulle sê dat wanneer een deur toegaan, ‘n ander gewoonlik oopgaan. Jy sal dalk nie altyd verstaan waarom die eerste in jou gesig toegeslaan is nie, maar sodra jy om jou begin rondkyk, sal jy sien dat ‘n magdom geleenthede vir jou oopgaan. Ja – dit verg ‘n goeie skeut volharding en moed, maar die beloning van ‘n nuwe avontuur is altyd die moeite werd!

Avontuur Afrika

Gesels>> SAAM

BREINKRAG • Soek allerlei avontuur- en 4x4-terminologie in die woordblok. Woorde kan horisontaal, vertikaal en diagonaal en kan in enige rigting wees. Leestekens word nie gebruik nie en woorde in hakies is dele van die woord of ter verduideling/konteks. *Woordblok deur Louis Krouwkamp.

Protea Koffie

Die Stryd teen renostertropery duur voort

LandyFest is terug

Nuwe handelsmerk bekendgestel

Goeters & geite

‘n Ou gunsteling in ‘n nuwe baadjie • Voldoende en geskikte berging is ‘n integrale deel van landreise en ‘n baie goeie oplossing is die nederige ammoboks of wolfpak. As ons egter honderd persent eerlik moet wees, is daar ‘n paar probleme met die bestaande ammoboks en dit het beslis ‘n ontwerp-evolusie nodig gehad. Tentco het die geleentheid aangegryp en spog nou met ‘n splinternuwe Tentco-boks, wat ons op die proef gestel het.

WRAGIG PRAGTIG • Danksy ‘n wysiging hier en ‘n verbetering daar het die Palisade ‘n vars en moderne nuwe persoonlikheid gekry wat hom sy status as Hyundai se vlagskip sportnutsvoertuig (SNV) in Suid-Afrika waardig maak. Daar is nie net ‘n nuwe kajuit en meer moderne buite-stilering nie, maar ook splinternuwe inligting-, vermaak- en veiligheidstoebehore, asook die nuutste bestuurdershulpmiddels, wat dit volgens LIANA REINERS een van die beste luukse SNV’e op die mark maak.

Hier Kom 'n DING! • Meat Loaf se groot treffer van 1977, Bat out of Hell, kon net so wel ‘n ode aan die nuwe Ford Ranger Raptor gewees het.ANTON WILLEMSE SRhet onlangs die media-bekendstelling in Namibië bygewoon en meen dat dit die meeste pret is wat hy in ‘n lang ruk agter die stuur van enige voertuig gehad het.

WEES GEWAARSKU! • In Uitgawe 25 het ons met JAN-HARM DU PLESSIS en sy gesin kennis gemaak toe hulle hul epiesie avontuur – waar hulle die roete van die Dorslandtrekkers van die 1800’s deur Namibië herontdek het – met ons gedeel het. Hierdie avontuur was egter nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie en die gesinnetjie se passie om die natuurlike wonders van die Afrika-kontinent te verken is aansteeklik. Hulle het ook ‘n fassinasie met padtekens.

LANDIES VAT DIE LANGPAD • 100 dae. Dit is hoe lank dit die onverskrokke span op die Autobarn Chartwell to Chartwell-ekspedisie (C2C) geneem het om 23 lande en 22 000km tussen Chartwell in Suid- Afrika en Chartwell in die Verenigde Koninkryke oor te steek. Alhoewel slegs drie van die sewe voertuie uiteindelik hul eindbestemming bereik het, is hul verhaal inspirerend.

Ontmoet die SPAN

VIR DIE LIEFDE VAN DIE SAAK • LA Sport 4WD Megastores Pretoria is een van Suid-Afrika se oudste en bekendste installasiesentrums en verskaffers van pasgemaakte 4x4-, kampeer- en installasiesentrums en het nog altyd ‘n ware passie vir sy klante en die bedryf gehad. Om hierdie verbintenis te vier, bied LA Sport Pretoria ‘n jaarlikse naweekwegbreek vir veldry-entoesiaste en landreisigers aan. ANTON WILLEMSE JR het vanjaar saam gaan kuier.

Mabalingwe Wildreservaat

Wanneer die NATUUR roep! • Toeriste kom uit alle uithoeke van die aarde om die Afrika natuurlewe te ervaar en as hulle die suidelike deel besoek, is daar min plekke wat by Botswana kan kers vashou. Veral as jy in ‘n redelik...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 29

OverDrive Magazine

  • Release date: April 6, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans