Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 17 (Mar 2022)
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Avontuur Afrika

WELKOM

Gesels SAAM

Bekostigbare opsies van industrie rolspelers • Verlede maand het ons die herbekendstelling van ‘n beperkte reeks van die huidige generasie Isuzu hier in Suid-Afrika gesien, asook ‘n hoogs bekostigbare en aggressief geprysde Mitsubishi Triton wat op veral vlooteienaars gemik is.

Toekomstige Ford-modelle onthul

Goeters & geite

Terug na die goeie ou dae • Jy het nie ‘n 4x4 nodig vir veldry nie. Inteendeel, meestal is eenvoudiger beter – en gewoonlik hope meer pret! Dís wat ‘n paar vriende van Zombie Offroad uitgevind het toe hulle onlangs ‘n kampeeravontuur met ‘n paar outydse Vollas aangepak het.

Ford Raptor regeer die Bergkoninkryk • Soos soveel ander avonture, is hierdie wilde idee oor ‘n paar koue biere gebore. ‘n Paar motorjoernaliste het aan die einde van 2020, by die Ford Ranger XL Sport-bekendstelling in Mpumalanga, Ford se kommunikasiebestuurder en Gideo Basson, hul avontuur-ghoeroe, genader met ‘n idee. Dit was heel eenvoudig: ‘n hardebaard veldrit-ervaring met die vlagskip Raptor, ‘n reis wat die grense sou verskuif, wat ons sou dwing om met die voertuig – en met mekaar – saam te werk om die konvooi aan die gang te hou. Sou dit die ideale veldry avontuur of ‘n volslae ramp wees? Ek het al amper van die idee vergeet toe ek vroeg in 2022 die uitnodiging ontvang, met die waarskuwing dat dinge gaan rof raak…

Sorento reis na die Punt van Afrika • Daar is baie om te sien en te doen in die streek wat die mees suidelike punt van ons vasteland vorm, met sy belangrike natuur-en marienelewe reservate, oulike vissersdorpies en ‘n nalatenskap van skeepswrakke oor die eeue. Angus Boswell en die Prof geniet ‘n aksiebelaaide reis in die gemak van Kia se vlagskip-SNV.

Agter die stuur: Die familie opsie

Reisgids

Land Rovers op safari deur magoebas • ‘n Groep ywerige Land Rover-aanhangers wat daarvan hou om Suid-Afrika saam met hul gesinne en ander Landy-liefhebbers te verken, het onlangs na die skilderagtige Magoebaskloof gereis om tyd in die wonderskone natuur te geniet en herinneringe te maak.

Die Corolla manier om ‘n reuse renoster te teken • Geïnspireer deur Toyota Suid-Afrika se Corolla Cross-advertensie waarin ‘n pa en seun-duo ‘n kameelperd op agterpaadjies teken, het Anton Willemse Sr na die Mapesu-wildreservaat in Limpopo koers gekies met een doel voor oë: om ‘n renoster in die bos te teken.

Ma & dogter op ‘n missie • Toe die agtjarige Sabria Basson in 2021 ‘n natuurbewaringsklub vir kinders – genaamd die Cheetah Cubs Conservation Adventures – begin het, het dit as geen verrassing gekom nie. Sy het haar hele lewe lank gesien hoe haar ma, Leilani Basson, bewaringsuitreik-aksies vir vroue onder die Bush Babes Adventures-vaandel organiseer en wou nou ook ‘n verskil maak. Sabria se idee was om kinders betrokke te kry om vir ons planeet te sorg. Aangesien die meeste van hierdie reise deur ma’s en hul kinders bygewoon sal word, is hul “Mommy & Me Adventures” gebore. Dit was dan juis hierdie avonture wat die dinamiese maen dogter duo na Kaapstad gebring het, op soek na heilsame bewaringsaktiwiteite wat kan deel uitmaak van toekomstige ekskursies.

Manjifieke Magoebaskloof • Daar is minder as 20 bergpasse in Limpopo, maar onder hierdie handjievol is sommige van die land se mooiste passe. Trygve Roberts van Mountain Passes South Africa verken een van die gunstelinge in die provinsie, Magoebaskloof.

Atiwiteite rondom Magoebaskloof

Alles wat jy moet weet oor die bruinwaterslang • Alhoewel die bruinwaterslang gevrees word in die Zoeloekultuur, is dit eintlik ‘n heeltemal...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 17 (Mar 2022)

OverDrive Magazine

  • Release date: March 25, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans