Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Avontuur Afrika

Issue 37
Magazine

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

Hou dinge eenvoudig…

Avontuur Afrika

Gesels>> SAAM

BREINKRAG

Goeters & geite • Wanneer dit by bykomstighede en toerusting kom – of dit nou vir jou voertuig, jou kampopset of jouself is – waardeer ons die klein dingetjies. Items wat nie noodwendig ‘n arm en ‘n been kos nie, maar wat prakties en eenvoudig is en – as ‘n bonus – die lewe in en om die kampterrein makliker maak. Trouens, jy sal wonder hoe jy ooit sonder hulle klaargekom het! Hiermee ‘n paar van ons gunstelinge.

IN DIE NUUS

Nou met meer… • Daar is min voertuie wat die legendariese reputasie van die Toyota Land Cruiser 70-reeks het. Vanweë sy ongelooflike veldryvernuf is dit ‘n gunsteling onder kopers in Afrika en is die perfekte voertuig om hierdie wonderlike kontinent van mee te verken. ANTON WILLEMSE gee sy indrukke van die onlangs opgegradeerde model en die nuwe enjin en ratkas wat nou in die reeks beskikbaar is.

Beter as goad • Om risiko’s te neem, die reëls te breek en ‘n voorloper in jou veld te wees was nog altyd deel van die wenresep vir sukses. Deesdae is dit egter ook belangriker as ooit, veral as jy in die uiters mededingende landreis-en kampeerbedrywe wil meeding. ANTON WILLEMSE verduidelik waarom.

Oorwin kili se jonger boetie • Wanneer die meeste mense aan Tanzanië dink, sien hulle beelde van die Serengeti wat wemel van groot troppe wilde diere, die pragtige wit strande van Zanzibar… en – natuurlik – Kilimanjaro, in hul geestesoog. Teen 5 895m bo seespieël, is dit immers Afrika se hoogste berg en elke jaar probeer duisende ywerige klimmers van alle ouderdomme om dit te oorwin. Maar slegs 60km verder lê Meru, beide Afrika en Tanzanië se vyfde hoogste berg. GRAHAME McLEOD deel sy ervarings tydens die klim van hierdie pragtige, maar minder bekende, vulkaan.

Vinnige feite

Wild genoeg vir jou? • Elke jaar oor die Feestyd kies TONY YEO en ‘n groep landreisigers koers na Botswana vir ‘n avontuur wat hulle na plekke neem wat steeds as die ‘ware’ Afrika beskou kan word… daar waar ‘n mens steeds kan asem haal en die wild kan sien soos dit bestem was.

‘n Ontdekkingsreis soos min • Wat begin het as ‘n beplande reis om die bekoring van die Oos-Kaap vir sy YouTubekanaal te dokumenteer, het in ‘n onvergeetlike avontuur van nuwe ervarings en selfontdekking vir veldry-entoesias HENK BOGAARDS en sy gesin ontaard.

Groentjies gaan groot • Met ‘n aantal Dakar-oorwinnings oor die afgelope paar jaar op sy kerfstok, het Toyota Gazoo Racing South Africa vroeër vanjaar na Saoedi-Arabië vertrek met ‘n visie om die span voor te berei vir groter toekomstige sukses. Die Toyota Gazoo Racing-span het die uitdaging, wat sedert 2020 in Saoedi-Arabië gehou is, met Dakar-staatmaker Giniel de Villiers en twee nuwelingjaers wat groot indruk gemaak het, aangepak. BERNARD HELLBERG JR was daar om in die opwinding te deel.

5 uit 5 vir die Jimny • Ahhh… Suid-Afrikaanse Desembers… ‘n luilekker mengsel van braai, roomys en swem! En natuurlik vakansie-romanse, soos ANTON WILLEMSE wat ‘n heerlik vyf wyke met die nuwe ‘liefde van sy lewe’ – die vyfdeur Suzuki Jimny – deurgebring het.

Vyf veldry-roetes om jou vyfdeur te toets

‘n Ougat huisie op wiele • Ver van die luukshede waaraan jy tuis gewoond is, dwing die kamplewe ‘n stadiger, meer deurdagte benadering tot die lewe af. Die oggendstond sit waarlik goud in die mond. Koffie word geteug eerder as afgesluk. Om maaltye voor te berei raak minder moeite en meer van ‘n plesier. Dit is die lewe wat ‘n Suzuki Eeco kampeerwaomskakeling moontlik maak. ANTON WILLEMSE verduidelik waarom.

Europa op ‘n ander manier • Om...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 84 Publisher: MNA Media Edition: Issue 37

OverDrive Magazine

  • Release date: January 26, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans